Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
In hierdie week se aflewering gesels hulle oor Kia se 20 jaar in Suid-Afrika, Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, vertel meer oor die Performance Shootout 2018 en daar word gesels oor Honda se Quest Adventure-uitdaging.