Bekende SA fotograaf sterf

Henry Engelbrecht. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf steier onder die nuus dat een van sy bekendste fotograwe, Henry Engelbrecht, Dinsdag weens Covid-19 oorlede is.

Engelbrecht het van die land se grootste musiekgroepe en kunstenaars voor sy kameralens gehad. Tientalle huldeblyke het Dinsdag vir Engelbrecht op sosiale media ingestroom.

Die rocker Francois van Coke het gesê Engelbrecht se passie was “ongelooflik”. “Jy was ongelooflik goed vir my. Jy gaan baie gemis word. Ek het soveel memories wat jy vasgevang het. Dankie vir alles, my vriend.”

“Dankie vir al die mooi wat jy vasgevang het,” het die sanger en liedjieskrywer Herman Kleinhans geskryf.

“Rus in vrede. Jy was voorwaar ʼn legende,” het die musikant Jacques Leonard gesê.

“Dit is merkwaardig om te sien hoeveel mense se lewe [Henry] op ʼn positiewe wyse beïnvloed het. Dit is ʼn bittersoet herinnering aan die gemeenskap wat ons in Suid-Afrika het, al is die musiekbedryf geen maklike plek om te wees nie,” het Austen Ramsay Lewis van die groep Savage Lucy geskryf.

“Kyk uit vir die mense rondom jou; wees die persoon wat Henry was. Ek het altyd soos ʼn buitestander gevoel, maar Henry het my nooit so laat voel nie. Wees soos Henry.”

“Jou foto’s was ongelooflik en jou kuns lewe voort in al die musikante wat al voor jou lens gedans het,” het Chris van der Walt geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.