Foto: Kate en William deel eerste Kerskaartjie as prins, prinses

Die Cambridge-gesin se 2022-Kerskaartjie. (Foto: The Prince and princess of Wales/Instagram)

William en Catherine het pas hul eerste Kerskaartjie as die prins en prinses van Wallis uitgereik.

Die koninklike egpaar en hul drie spruite, George (9), Charlotte (7) en Louis (4), is in gemaklike klere tussen bome gekiek.

Die omgewingsfotograaf Matt Porteous het die foto vroeër vanjaar in Norfolk geneem.

“Dit is altyd so ’n eer om hierdie spesiale oomblikke tussen die familie af te neem en ek is verheug dat hulle dié foto gekies het as hul 2022-Kerskaartjie,” het Matt op Instagram gedeel.

Catherine speel ook vanjaar ’n groot rol in Royal Carols: Together at Christmas, ’n Kersfeesprogram wat op 25 Desesember op Itv uitgesaai sal word.

Dié program, wat in die Westminster Abdy verfilm is, sal ook optredes van Tom Walker, Ellie Goulding en Leona Lewis insluit. Die prinses skuif self ook agter die klawers in vir ’n spesiale Kersfeesliedjie.

Kyk die lokprent van Royal Carols: Together at Christmas hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niklaas ·

Prinses Kate is darem net stylvol en baie meer elegant as Jul Weet Wie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.