Spies (32), wat as agtsteman vir die Blou Bulle en Springbokke uitgedraf het, het ʼn foto van sy dogtertjie, Avah, op Twitter gedeel. Hy het by die foto gesê sy dogtertjie het 3,22 kg by geboorte geweeg. “Sy is sterk en gesond.” Spies het ook laat weet dit gaan goed met sy vrou, Juanné.
Die egpaar is in Desember 2008 getroud en het twee seuntjies. Hul oudste, Pierre, is in Januarie 2012 gebore terwyl Judah in Maart 2014 gevolg het.
Spies en sy gesin is in Frankryk waar hy vroeër vir Montpellier gespeel het. Hy het egter vroeër die week aangekondig dat hy sy rugbystewels gaan wegpak. Hy het voor Montpellier vir die Japanse klubspan Kintetsu Liners uitgedraf.
Spies het naam gemaak by die Blou Bulle en het die Bokke ook in 53 toetse verteenwoordig.
- Spies saam met sy twee seuns. Foto: Instagram
- Spies en sy vrou Juanné. Foto: Instagram
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Gaan die enetjie ook roids kry? ;) geluk tjom!
ek wil nie snaaks wees nie, Maar het hy al my kleinkind gesien.
Regtig seker ‘n dom vraag, maar gaan ek dit elkgeval vra. Hy dra ‘n teater kêpsie op sy kop, maar hy staan sonder ‘n hemp – wil hy nou sy baba wys, of sy borskas?
geluk … maar ekskuus …avah jean ??
Baie geluk julle !!!
Pragtige dogtertjie met ‘n pragtige naam.
Geniet haar!!!