Spies (32), wat as agtsteman vir die Blou Bulle en Springbokke uitgedraf het, het ʼn foto van sy dogtertjie, Avah, op Twitter gedeel. Hy het by die foto gesê sy dogtertjie het 3,22 kg by geboorte geweeg. “Sy is sterk en gesond.” Spies het ook laat weet dit gaan goed met sy vrou, Juanné.
Die egpaar is in Desember 2008 getroud en het twee seuntjies. Hul oudste, Pierre, is in Januarie 2012 gebore terwyl Judah in Maart 2014 gevolg het.
Spies en sy gesin is in Frankryk waar hy vroeër vir Montpellier gespeel het. Hy het egter vroeër die week aangekondig dat hy sy rugbystewels gaan wegpak. Hy het voor Montpellier vir die Japanse klubspan Kintetsu Liners uitgedraf.
Spies het naam gemaak by die Blou Bulle en het die Bokke ook in 53 toetse verteenwoordig.
Gaan die enetjie ook roids kry? ;) geluk tjom!
ek wil nie snaaks wees nie, Maar het hy al my kleinkind gesien.
Regtig seker ‘n dom vraag, maar gaan ek dit elkgeval vra. Hy dra ‘n teater kêpsie op sy kop, maar hy staan sonder ‘n hemp – wil hy nou sy baba wys, of sy borskas?
Arsene – ek kan nogal jou vraag beantwoord… dit gaan oor “bonding” – my seun is by aldrie kinders se geboorte gevra om sy hemp uit te trek en vir baba vas te hou teen sy lyf totdat die Mamma gereed was om te voed. Wens amper ek kon die foto’s met jou deel! Sooo mooi! Hulle doen anders as in ons dae….. :)
geluk … maar ekskuus …avah jean ??
Sê die een wat te skaam is om sy regte naam te gebruik.
Baie geluk julle !!!
Pragtige dogtertjie met ‘n pragtige naam.
Geniet haar!!!