Daar was net ʼn handjievol spesiale familielede en vriende teenwoordig toe Suid-Afrika se voorste spanningskrywer, Deon Meyer, en die kunstenaar Marianne Vorster ewige trou aan mekaar beloof het.
Maar te oordeel na die foto’s van die groot dag het dit nie regtig saak gemaak hoeveel mense die troue bygewoon het nie – die bruid en bruidegom het net oë vir mekaar gehad!
Meyer en sy geliefde, Marianne, is Saterdag in die Stellenbosch United Church getroud waarna die onthaal in ʼn prentjiemooi plaaslike restaurant plaasgevind het. Wil Punt van Peartree Photography het die paartjie se groot dag in pragfoto’s vasgevang.
Punt verklap op sy blog dat Meyer en Vorster albei vir mekaar verrassings op die dag gereël het. Vorster se verrassing was Lize Beekman wat vir die paartjie tydens die seremonie gesing het, terwyl Meyer sy bruid verras het met ʼn fotosessie by die asemrowende Silo-hotel in Kaapstad. Punt vertel die twee was groot pret tydens die fotosessie.
Meyer en Vorster het gister elkeen ʼn enkele foto van hul troue op sosiale media gedeel en die gelukwensings het ingestroom.
Foto’s met vergunning van Peartree Photography. Sien die volledige blog-inskrywing oor die troue hier. Volg Peartree Photography op Instagram en Facebook.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Geluk met jou huwelik. Moet asseblief nie ophou boeke skryf nie!
Pragtig!
Die huwelik is so mooi!
Maak dit vir jou maat lekker om met jou getroud te wees.
Ag asseblief.
Pragtige foto’s! Geluk!!