Foto’s: Donnalee en Ivan se seuntjie gebore

Donnalee het dié foto op Instagram gedeel

Donnalee Roberts en Ivan Botha se eerste baba is op 4 Maart gebore en die akteurspaar het ʼn paar dae later opgewonde die nuus op Instagram gedeel.

“My liefste pragtige babaseun, jy het in die wêreld ingekom met soveel kalm vasberadenheid en jy het dit vir altyd kom verander,” het Donnalee Maandag geskryf.

“Mag elke tree wat jy gee in die pragtige reis wat die lewe is vol van die kleurvolste avonture wees, mag jou pad jou na die vreugde van die Here lei, want dit is ons grootste krag.

“Vriendelikheid, deernis en moed was die drie woorde wat in my hart geplaas is die dag wat ons uitgevind het dat ons met ʼn seun geseën word, en ons bid jou roeping op jou naam en jou lewe,” skryf sy.

Die foto’s wat Ivan op Instagram gedeel het.

Ivan het Dinsdag twee foto’s gedeel, een van sy dogter, Amelié, toe sy nog ʼn baba was in 2009, en een van hom en sy pasgebore seun. Die ouers het aangekondig dat die baba se naam Cameron Ivan Botha is.

“Dit is ʼn onwerklike oomblik om ʼn ouer van twee te word. Ek kon regtig voel hoe my hart groter word,” het Ivan op Instagram geskryf. “Ek het nooit geweet ek kan so baie lief hê nie. Wat ʼn nederige eer om jou pa te wees. Ek belowe om altyd my beste te doen.”

Donnalee tydens haar swangerskap (Foto: Instagram)

Donnalee het gesê dit het haar lewe en wese verander het toe sy ʼn ma word.

“Ons hoop jy droom groter as groot en ons sal altyd daar wees jou aan te moedig en te ondersteun, wat ook al jy besluit om met jou pragtige lewe te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wielspore ·

Baie geluk, kinders is kosbaar, mag die soldaat julle vreugde en liefde verskaf.

Gawie ·

Baie geluk julle!
Mag hy net vreugde en vrede vir julle bring!

Agter die skerms..... ·

Waaragtig pragtig en kosbaar. God se rykste seeninge aan julle altwee met julle bondeltjie vreugde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.