
Prins Harry en Meghan, die hertogin van Sussex (11 Maart 2019) (Foto: AP Photo/Frank Augstein, file)
Prins Harry en sy vrou Meghan, die hertogin van Sussex, het gesê hulle beplan om planne rondom hul baba se geboorte privaat te hou.
Beamptes van Kensington-paleis het Donderdag in ʼn verklaring gesê Harry en Meghan “sien baie uit daarna” om nuus oor hul baba se geboorte te deel sodra hulle dit privaat kon vier as ʼn nuwe gesin.
Die koninklike egpaar verwag hul eerste kind teen die einde van April of vroeg Mei. Min besonderhede is egter aangekondig oor die koms van die pienkvoet.
Die egpaar het gesê hulle is dankbaar vir al die boodskappe met goeie wense wat hulle van oor die wêreld heen ontvang het.
Harry en Meghan, wat in Mei 2018 by Windsor-kasteel getroud is, het onlangs van sentraal-Londen na ʼn meer afgeleë huis naby die kasteel verhuis.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Alles goed en wel. Maar een ding het ek al opgelet van Meghan, op alle foto’s wat ek sovêr gesien het, hou sy altyd met haar een hand haar maag vas. ??
‘n Swanger vrou se hand is altyd op haar maag! Sy doen dit sonder om daaroor te dink. En daar is niks fout daarmee nie.
In Zulu is Unjani ‘n groet. Dit sal nou pragtig wees as dit die kleintjie se naam kan wees, maar hulle het mos nou niks gemeen met ons nie, so wat van die naam ‘Injani’?
Bog, dis ‘n veralgemening en beslis nie die geval nie. Sommige swanger vrouens ja, nie almal.
MJ stem 100% saam jou. Dis maar net instink om dit te doen. Op n manier voel dit jy beskerm jou kleintjie.