Hollywood: Jonas Brothers verewig met ster op dié roete

Die Jonas Brothers Kevin Jonas, Nick Jonas en Joe Jonas, poseer by die Hollywood Walk of Fame in Hollywood, Kalifornië. (Photo: Frederic J. BROWN / AFP)

Die popgroep, Jonas Brothers, is Maandag met ’n ster op die bekende roete, die Hollywood Walk of Fame, vereer.

“Hierdie is ’n bewys van die liefde en ondersteuning van ons aanhangers, familie en vriende wat saam met ons elke tree van hierdie pad gestap het,” het Kevin Jonas tydens die seremonie gesê.

Kevin het tydens sy toespraak ook sy vrou, Danielle, en twee dogters, Alena (8) en Valentina (6) bedank.

Joe Jonas het op sy beurt die besondere prys aan sy vrou, Sophie Turner, en twee kinders opgedra.

“Hierdie reis was ’n wilde rit en ons is so dankbaar vir die geleentheid om ons passie vir musiek vir so lank met die wêreld te kon deel.”

Die jongste boetie in die groep, Nick, en sy vrou Priyanka Chopra, het nie net die ster gevier nie, maar ook die eerste geleentheid wat hul babadogter, Malti Marie Chopra Jonas, bygewoon het.

Nick, Joe en Kevin Jonas se ster pryk nou op die sypaadjie by Hollywood Boulevard 7060 en is die 2 745ste ster op dié wêreldbekende roete.

Bykomende bron: ABC News 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.