John Travolta se vrou sterf

Kelly Preston in 2018. (Foto: Arthur Mola/Invision/AP, File)

Kelly Preston, bekende Hollywood-aktrise en vrou van die akteur John Travolta, het Sondag haar stryd teen borskanker verloor.

Preston (57) is twee jaar gelede met dié siekte gediagnoseer. Sy is onder meer bekend om haar rolle in die Oscar-bekroonde fliek Jerry McGuire en For the Love of the Game teenoor Kevin Costner.

Travolta het die nuus van sy vrou se afsterwe op Instagram bevestig. “Dit is met ʼn baie swaar hart dat ek julle moet inlig dat my pragtige vrou Kelly haar twee jaar lange stryd teen borskanker verloor het. Sy het dapper geveg met die liefde en ondersteuning van soveel mense,” het hy geskryf.

“Kelly se lewe en liefde sal altyd onthou word. Ek sal tyd neem om daar te wees vir my kinders wat hulle ma verloor het.”

Kelly Preston en haar man, John Travolta, in 2018. (Foto: Charles Sykes/Invision/AP, File)

Preston en Travolta is in 1991 getroud en het ʼn dogter, Ella, en twee seuns, Benjamin en Jett. Jett is in 2009 op 16-jarige ouderdom oorlede.

Preston is gebore Kelly Kamalelehua Smith in Honolulu, Hawaii, maar het haar naam verander voordat sy haar deurbraakrol in Mischief losgeslaan het in 1985.

Daarna het sy in rolprente soos Twins, teenoor Arnold Schwarzenegger en Danny DeVito, Holy Man teenoor Eddie Murphy en Jeff Goldblum, en in Nothing to Lose saam met Tim Robbins en Martin Lawrence verskyn.

https://www.instagram.com/p/CCkgCG5ptxE/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Watter jammer oor die afsterwe and John wat soveel moes deurgaan al. Die baie min Hollywood mense wat getroud gebly het. Ander dink is net n nice idee vir kameras en geld.

Rina ·

Pieter, ek stem saam, hy was een van die min wat getrou was aan sy vrou en haar tot aan die einde bygestaan het.
Ek respekteer hom daarvoor,

Innige simaptie vir hom en sy kinders.

Melanie ·

wow… so pragtige vrou. ek troos myself daaraan dat sy by haar seun is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.