Lisa met die rooi hare nou Lisa met die trouring

Lisa met die rooi hare is getroud. (Foto: Lisa van Niekerk/Instagram)

Lisa met die rooi hare, die internetsensasie wat bekend geraak het vir haar grappige resensies van die kykNET-maatsoekreeks Boer soek ‘n vrou, is Saterdag met haar eie boer getroud.

Lisa, voorheen Lisa van Rooyen, is nou Lisa van Niekerk nadat sy en Rudolph van Niekerk ewige trou aan mekaar beloof het by die pragtige Mooiplaas-trouvenue net buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo.

“Mnr. en Mev. Van Niekerk. 7 Oktober 2023,” het Lisa op Instagram oor dié paartjie se troudag geskryf.

Hulle het in Junie 2022 op Sedgefield se strand verloof geraak. Maroela Media het vroeër berig Lisa het skoon gebewe van opgewondenheid toe Rudolph die groot vraag gevra het.

“Ek het so gebewe dat hy gesukkel het om die ring aan my vinger te kry,” het Lisa destyds aan Maroela Media vertel.

Die paartjie het mekaar op 14 Februarie 2020 in ʼn kuierplek in Potchefstroom ontmoet.

“Rudolph was [toe] in Oos-Londen en ek in Potchefstroom. Ons het op Zoom-afsprake gegaan en ure lank so met mekaar gesels. Toe hy uiteindelik weer in Potchefstroom aankom, het dit nie lank gevat voordat hy my uitgevra het nie.”

Die pasgetroudes span tans uit op wittebrood aan die Weskus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blikke ·

Ek het ook so gedink, destyds toe ek in die weermag was by 3 SAI reg langs die onderwyskollege….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.