Nóg ʼn bondeltjie vreugde op pad vir Oud-Springbok

Die gesin in Desember 2023 (Foto: Caroline-Grace Brussow/Instagram)

Die voormalige Springbokrugbyspeler Heinrich Brüssow en sy vrou, Caroline-Grace, verwag hul derde baba.

Two is company and three is a crowd, hier gaan ons!” het Caroline-Grace op Instagram verklap.

“Baie geseënd en vrek opgewonde,” het sy bygevoeg met ʼn foto van Marcel en Isa.

Die Brüssow-gesin het einde 2020 in George in die Wes-Kaap nesgeskop nadat die egpaar vir sowat agt jaar gereis het weens Heinrich se rugbyloopbaan.

Marcel Werner is in 2019 gebore en Isa Grace is in Maart 2021 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.