Sanger, komediant gaan derde keer pa word

Emo en Michelle (Foto: Instagram)

Die sanger en komediant Emo Adams se vrou, Michelle Gildenhuys, verwag hul derde kind.

Adams het die nuus met ʼn sonarfoto op Twitter aangekondig. Op die foto staan daar ʼn baba Adams is op pad en dat Michelle twee maande swanger is.

Die egpaar het in Maart 2017 hul tweede seuntjie verwelkom. Hul eersteling, Kader Zayn, is in Julie 2015 gebore. Die egpaar is in 2016 getroud.

Adams is veral bekend as aanbieder van die kletsprogram Jou Show op kykNET.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gesiggie ·

Baie Geluk aan jul… wat n prag van n paartjie…. Emo jy mag maar, ek geniet jou shows ongelooflik baie, jy bring altyd n glimlag op my gesig veral as jy met jou dans begin”” sterkte aan jul…kan nie wag vir die foto’s van Baba….

Sonja ·

Is dit nie die 4de baba nie? Ek dink hul het reeds 3 seuns.

Anoniem ·

Ek is seker daarvan hulle weet hoeveel kinders hulle het??

Lorinda ·

Hulle het 2 van hul eie en is besig met die aanneming van die ander seuntjie

Lukas van Zyl ·

Maroela Mafia julle verwyder die kommentaar oor die vrou wat te veel netnuus lees maar julle los Vanessa se skrywe oor die walglikheid dat n blanke vrou met n bruin man trou en kinders kry? Julle bewys op n daaglikse basis dat jul nie onpartydig teenoor enigiets kan staan nie, en ek is seker my skrywe gaan ook nie die lig sien nie. Ek voel jammer vir die mense wat werklik goeie opinies het wat gedeel kon word en iets bygedra het tot gesprekke

E ·

Kan iemand my dalk sê watter kleur Jesus se vel was toe hy aan die kruis gesterf het?

Driekie ·

Dit was my eerste gedagte ook… Is n paartjie ( waarvan een bekende is) se derde kind regtig nuuswaardig????

Sarah ·

Gaan kry asb n lewe en hou op ander mense judge…. Seriously

Toetsie ·

Moderne lewe of nie, my boerehart sluk swaar aan sulke gemengde paartjies. Ek sou kon dink God het verskillende nasies met n doel gemaak en ook bv Sy volk suiwer gehou met n rede..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.