Spesiale foto’s vir prins Charles se 70ste jaar

Die koningklike familie (Chris Jackson/Pool Photo)

Die Britse kroonprins, prins Charles, vier vandag sy 70ste verjaarsdag met ʼn familie-verjaarsdagpartytjie.

Charles, wat koning sal word ná die afsterwe van sy 92-jarige ma, koningin Elizabeth II, het vanoggend ʼn partytjie gehad saam met ander mense wat ook vandag hul 70ste verjaarsdag vier. Daarna is ʼn partytjie vir hom by Buckingham-paleis gereël deur koningin Elizabeth II.

Clarence House het ook twee familiefoto’s op die prins se verjaarsdag uitgereik. Daarin is prins Harry en ʼn swanger Meghan, prins William, Catherine wat vir prins Louis vashou, prins Charles met prins George op sy skoot, asook Camilla met prinses Charlotte langs haar te sien.

Camilla, Charles se vrou, het in The Telegraph Magazine geskerts dat Charles nie van plan is om dinge stadiger te vat noudat hy 70 is nie.

“Ek dink nie hý dink hy is 70 nie. Ek dink dit is net ʼn getal vir hom. Daar is nie ʼn kans dat hy dinge stadiger gaan vat nie – jy moet seker laf wees. Ek hou aan om vir hom te sê 70 is nie baie oud nie, maar dit ís wel oud, jy moet dinge bietjie stadiger vat.”

Die koningklike familie (Chris Jackson/Pool Photo)

Camilla het gesê die publiek verstaan nie hoe “ongelooflik gaaf” en snaaks Charles is nie. William en Harry het ook hul pa se lof besing in ʼn onlangse BBC-onderhoud vir Charles se verjaarsdag.

Hulle het hom geloof dat hy sy posisie as prins van Wallis benut om die aandag te vestig op talle belangrike kwessies, soos die beskerming van die omgewing. Harry het sy pa wel aangemoedig om die negatiwiteit te temper wanneer dit by sy uitsprake kom.

“Ek sal hom aanmoedig om positief te bly, want ek dink dit is baie maklik om moedeloos en negatief te raak,” het Harry gesê. “Maar hopelik met sy kinders en sy kleinkinders, en nog ʼn paar kleinkinders lateraan, sal hy energie van sy familie af kry om sy leierskaprol uit te leef.”

Hy het ook bygevoeg dat sy pa nie so hard moet werk nie, en vroeër aandete moet eet.

Aangesien die 97-jarige prins Philip formeel afgetree het wat openbare betrekkinge betref, is Charles die kroonprins wat by sy ma sal oorneem. Ná Charles is dit William, en daarna George wat die Britse troon sal inneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TLC ·

Wonder hoe gaan kleinkids voel die dag as hul uitvind wat oupa en ouma aan hul regte “ouma “Diana gedoen het
Ag ek wonder maar net

Linda ·

Ek dink nie dat Diana n kwessie sal wees nie. Die kleinkinders word groit gemaak om hul ouers lief te he en te respekteer. Blykbaar is Charles ook n goeie oupa, Camilla cope nou beter vandat William en Harry groot is. Dit gaan hier oor die koniklike gesinne se geluk nou en in die toekoms ! Soos die spreekwoord se…’let bygones be bygones !’

Griet ·

Laaste paragraaf: Charles is nie die kroonprins omdat Prins Philip afgetree het nie. Prins Philip was nog nooit die volgende om koning te word nie.

Net nog iemand ·

Lyk soos een dood gewonde familie. Hulle is ook maar net mense! Pragtige fotos

Martie ·

Die klein Prins Louis lyk op ‘n drupel water na sy ma. Pragtige kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.