Video: Vernuwe jou winterkas met dié vyf items

Lizel van der Westhuizen. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Nie almal van ons het die behoefte om in die allernuutste wintermodes te paradeer nie, maar verkies eerder ʼn meer klassieke, praktiese en veelsydige benadering wanneer dit by klere koop kom.

Dit kan egter oorweldigend wees om die winkels in te vaar, veral as jy self nog jou styl ontwikkel en ontdek.

Maroela Media het daarom die hulp van voorkomskonsultant en eienaar van Full Circle Image Consulting, Lizel van der Westhuizen, ingeroep om haar top-modewenke vir die wintermaande met lesers te deel.

In dié nuwe videoreeks deel die kykNET Glam Guru-modestilis onder meer hoe jy items uit jou somerskas op kouer dae kan benut, watter kledingstukke ʼn mode-­moet-hê vir die winter is en watter items jy vanjaar liefs moet laat vaar. Sy demonstreer verder ook ʼn mooi en maklike metode om jou grimering soggens perfek aan te wend.

In die tweede episode van dié reeks deel sy vyf sleutelitems wat sal verseker dat jy met min inkopies optimale mode-opsies hierdie winter het. Kyk dié episode onderaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.