11-13 Augustus 2011
Die Amper Groot Fees is ‘n fondsinsamelingsprojek van die Goedehoop Ondertseunerklub. Die GOKKE, soos hulle ook bekendstaan word deur ouers van Laerskool Goedehoop bedryf. Die GOKKE bestaan uit verskeie bene met een van die bene wat ten doel het om hulpbehoewende leerders van die laerskool te ondersteun deur broodjies gedurende pouse te voorsien. Dit is dié komitee wat besluit het om vanjaar die Amper Groot Fees aan te bied as ‘n fondsinsamelingsprojek.
Die Fees loop oor drie dae en skop af met ‘n Kaas- en Wynaand op 11 Augustus 2011 wat deur Camberley Wyne aangebied word. Die Vrydagaand, 12 Augustus het ons Gerhard Steyn en Adam Tas gekry as gaskunstenaars en Saterdag, 13 Augustus het ons ‘n groot pretdag op die skoolgronde.
Die pretdag behels die volgende:
- Gladiatorbane
- Sterkmankompetisie
- Modelkompetisie
- handuitgesoekte uitstallers.
Vroeg die oggend is daar ‘n gekombineerde Marathon/Fietswedren.
Sien volledige program onder:
Hi there,
kindly inquiring if you guys are gonna do the event this year.
kindly,
Simon.