Bafta-modes: Hier is Maroela Media se gunstelinge

Cillian Murphy het die Bafta-toekenning gewen vir beste akteur vir sy rol in “Oppenheimer”. (Foto: JUSTIN TALLI /AFP)

Die rooi tapyt het Sondagaand behoorlik in Londen geskitter tydens die 77ste prysaand van die Britse akademie vir rolprent- en televisiekuns, algemeen bekend as die Baftas.

Hoewel Oppenheimer skoonskip gemaak het met ʼn totaal van sewe toekennings, het akteurs in ander produksies die kollig gesteel.

Hier is Maroela Media se stylwenners vir die aand:

Margot Robbie

Die Barbie-aktrise het getrou aan haar rolprentkarakter gebly en weer ʼn uitrusting in ʼn pienk skakering vir ʼn rooi tapyt- geleentheid gekies. Haar noupassende aandrok en handskoene is van Armani Privé.

Margot Robbie. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Phoebe Dynevor

Die Bridgerton-aktrise het soos ʼn klassieke Hollywood-ster gelyk in ʼn wit, noupassende rok van Louis Vuitton.

Phoebe Dynevor. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Emily Blunt

Die Britse aktrise, wat teenoor Cillian Murphy in Oppenheimer speel, het ʼn meer waaghalsige skepping as gewoonlik vir die Baftas gekies. Haar blink Elie Saab-nommertjie het die aktrise se liggaam beklemtoon en is deur juwele van Tiffany & Co afgerond.

(Foto: Adrian Dennis/AFP)

Lily Collins

Lily Collins het uitgestaan in ʼn swart en blink skepping van Tamara Ralph met silwer en kristalrose om die neklyn en oorgroot, roomkleurige pofmoue.

Lilly Collins. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Claire Foy

Die voormalige The Crown-aktrise se Armani-aandrok het bewys dat eenvoud ook treffend kan wees.

Claire Foy. (Foto: WIktor Szymanowicz/NurPhoto/AFP)

Die mans het ook nie teleurgestel nie en tradisionele aandpakke verruil vir kleurvolle skakerings en interessante bykomstighede.

Rami Malek

Die Oscar-wenner se los pak en sonbril het herinner aan sy rockster-rol in Bohemian Rhapsody.

Rami Malek. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Paul Mescal

Paul Mescal, bekend vir sy rol in Ordinary People en All of Us Strangers, het ʼn Gucci-pak en Cartier-juwele gedra.

Paul Mescal. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Ryan Gosling

Dié Ken ken van styl. Die Barbie-akteur is benoem vir sy rol as die kêrel van die wêreld se bekendste pop en het stylvol in ʼn spierwit Gucci-pak met wynrooi detail gelyk.

Andrew Scott

Hoe rooier, hoe mooier! Die Bafta-benoemde akteur het uitgestaan in skakerings van rooi – van kop-tot-toon.

Dié modekeuses het koppe vir ander redes laat draai:

Emma Corrin

Emma Corrin, bekend vir haar rol as ʼn jong prinses Diana in The Crown, se Miu Miu-pakkie en kopstuk is eie aan die aktrise se bekende eksentriese styl, maar het nie heeltemal afgerond gelyk nie.

Emma Stone

Die Bafta-wenner het klaarblyklik hulde aan haar Poor Things-karakter gebring met haar Victoriaanse skepping van Louis Vuitton, maar dit was nie ʼn rok geskik vir ʼn Hollywood-ster nie.

Alison Oliver

Alison Oliver, wat nou naam maak danksy haar rol in die donker komedie Saltburn, se silwer rok van die Spaanse modehuis Loewe was nie vleiend vir die aktrise se figuur nie.

Bykomende bronne: British Vogue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.