Dié flieks is vir Silwerskerm-pryse benoem

(Foto: Maroela Media)

Die kykNET Silwerskermtoekennings word vanaand tydens ʼn spoggeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai uitgedeel. Nege rolprente en 17 kortflieks ding hierdie jaar mee om dié gesogte toekennings.

Dit sal ook die eerste keer wees dat die pryse tydens twee seremonies uitgedeel word, een vir tegniese pryse en ʼn ander geleentheid vir die hooftoekennings. Albei dié geleenthede word moontlik gemaak deur die Stad Kaapstad.

Aanlyn feesgangers sal tydens die hooftoekennings om 19:00 na die Oscar-benoemde dokumentêr Writing with Fire kyk wat vroeër die week by die Theatre on the Bay vertoon is. Fliekvlooie kan ook die Silwerskermfees se sosialemediaplatforms tydens die geleentheid volg om te sien wie die wenner is.

Hier is die volledige lys kortflieks en vollengte rolprente wat benoem is:

Vollengte rolprente

Beste rolprent
Barakat
Indemnity
Down so Long
Gaia

Beste draaiboek
Barakat
Gaia
Indemnity
Stiekyt

Beste regisseur
Barakat – Amy Jeptha
Down so Long – Angie Mills, Damir Radonic
Gaia – Jaco Bouwer
Indemnity – Travis Taute

Beste akteur
Barakat – Joey Rasdien
Down so Long – Tshamano Sebe
Indemnity – Jarrid Geduld
Stiekyt – Paul du Toit

Beste aktrise
Barakat – Vinette Ebrahim
Beurtkrag – Donnalee Roberts
Down so Long – Khadija Heeger
Gaia – Monique Rockman

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol
Barakat – June van Merch
Barakat – Quanita Adams
Indemnity – Nicole Fortuin
Stiekyt – Illse Roos

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol
Gaia – Alex van Dyk
Indemnity – Abduraghmaan Adams
Stiekyt – Albert Pretorius
Stiekyt – Jacques Bessenger

Beste produksieontwerp
Barakat – Sumaya Wicomb
Gaia – Rocco Pool
Indemnity – Chris Joubert
Stiekyt – Bathoni Robinson

Beste redigering
Barakat – Sanjin Muftić
Gaia – Leon Visser
Indemnity – Simon Beesley
Vlugtig – Dries Scholtz

Beste kinematografie
Barakat – Ebrahim Hajee
Gaia – Jorrie van der Walt
Indemnity – Zenn van Zyl
Stiekyt – Eduan Kitching

Beste oorspronklike musiek
Barakat – Kyle Shepherd
Beurtkrag – Charl-Johan Lingenfelder
Gaia – Pierre-Henri Wicomb
Indemnity – Kyle Shepherd

Beste grimering en haarstilering
Barakat – Farzanah Siblall
Gaia – Sulani Saayman
Indemnity – Sulani Saayman
Stiekyt – Mari Conradie, Tessa Denton

Beste kostuumontwerp
Barakat – Ayesha Khatieb
Gaia – Mariechen Vosloo
Stiekyt – Marné van den Burgh, Annerike van der Spuy
Vlugtig – Anene Scheepers

Beste klankontwerp
Barakat – Kyle Shepherd
Gaia – Pierre-Henri Wicomb
Indemnity – Kyle Shepherd
Vlugtig – Kyle Shepherd

Kortflieks

Beste kortfliek
Katvis
Leemtes en leegheid
My beskermer
Twintig tone in ʼn hangkas

Beste draaiboek
Die horries – Bibi Slippers
Katvis – Igna Botha
Leemtes en leegheid – Jordy Sank, Terence Makapan
Skyn – Carla Smith

Beste regisseur
Bergie – Dian Weys
Katvis – Anton Scholtz, Michael Minnie
My beskermer – DW Smith (Diana Mills Smith)
Twintig tone in ʼn hangkas – Morné Strydom

Beste redigering
Aan/Af – Elana Steyn
Baber – CA van Aswegen
Die horries – Regardt Visser
Katvis – Michael Minnie

Beste kinematografie
Baber – Justin Youens
Katvis – Anton Scholtz
Leemtes en leegheid – Rick Joaquim
My beskermer – Rick Joaquim

Beste oorspronklike musiek
Baber – Ghalik Jacobs, Mark Goliath, No Friends of Harry
Bennie Bingo – Ryno Posthumus
Bittersoet – Pieter Bezuidenhoudt
Twintig tone in ʼn hangkas – Emma van Heyn

Beste produksieontwerp
Baber
Die horries
My beskermer
Vrywater

Beste akteur
Aan/Af – Marlo Minaar
Twintig tone in ʼn hangkas – Pietie Beyers
Verstikking – Ayden Croy
Verstikking – Irshaad Ally

Beste aktrise
Baber – Monique Rockman
Katvis – Erica Wessels
Leemtes en leegheid – Lida Botha
Skyn – Carla Smith

Beste ensemble
Katvis
Leemtes en leegheid
Skyn
Twintig tone in ’n hangkas

Beste bestaande werk
Ekstasis
The Stranger
Ulwandle

Maroela Media was Vrydagaand op kykNET se blou tapyt by die première van Vlugtig en daarna by die vertoning van Gaia. Hier is ʼn paar foto’s van akteurs en ander bekendes wat op die tapyt was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.