Fliekresensie: Uitklophou vir nuwe boksfliek

CREED III
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10
Met Michael B. Jordan en Jonathan Majors
Regisseur: Michael B. Jordan
(In teaters)

Maggies! Wat ‘n lekker fliek. Eintlik ‘n “moewie”, want Creed III verras en sleur mee op verskeie terreine.

Dit gee vir boks-aanhangers alles wat hulle in ‘n boksfliek soek, maar ook vir mense wat glo dat hulle nie deur ‘n gevegsfilm kan sit nie!

Hierdie sogenaamde spin-off van die Rocky-reeks wys hoe Adonis Creed (‘n uitstekende Michael B. Jordan) teen ‘n voormalige vriend, maar nou stewige opponent, Damien, vertolk deur Jonathan Majors, te staan kom. Daardie eksplosiewe geveg sal jou tande laat ritteltit.

Jordan is ook die regisseur wat presies weet wat boksfliekers wil sien. Hy benader die fliek uit ‘n mensliker oogpunt, daarom is dit nie net ‘n geslaan dat die kakebene breek nie. Hy konsentreer ook op Creed se meer intieme en menslike oomblikke, veral met sy vrou, dogtertjie en ma.

Michael B. Jordan in ‘Creed III’. (Foto: IMDb)

Moenie wag dat Creed III op ander platforms beland nie. Gaan beleef dit in Xtreme, IMAX en VIP-teaters met volle Dolby-klank en ‘n reusedoek. Dit voel of jy saam met die manne baklei.

Creed III is slegs in teaters.

 

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.