Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Ander mens’

Ander Mens begin einde vandeesmaand in rolprentteaters draai. Die rolprent, met Bennie Fourie en Marlee van der Merwe in die hoofrolle, vertel die verhaal van Daniel Niemand, ʼn passiewe rekeningkundige wat van een mislukking na die volgende voortbestaan.

Die probleme begin wanneer Daniel se vrou hom vir ʼn ander man – hulle huweliksberader – los. In ʼn wanhopige poging om sy eer te herwin, veroorsaak Daniel per ongeluk die huweliksberader se dood en beland hy in iets waarvoor hy nie voorbereid was nie.

Sy baas, Frank, en dié se broer, Hansie, bied aan om Daniel te help om van die liggaam ontslae te raak, maar dit is nie lank voor die polisie aan Daniel se deur klop en hom in hegtenis neem nie. Kapt. Acker soek al jare lank ʼn rede om vir Frank toe te sluit, en Daniel mag dalk net die perfekte geleentheid daarvoor bied…

Frank Opperman is te sien in die rol van Frank Redelinghuys.

Ander Mens sal vanaf 23 Augustus landswyd in teaters te sien wees. Regie deur Quentin Krog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Hierdie is nie ‘n resensie nie, dit is ‘n opsomming. Is die film te stereotipies en te swak om ‘n eerlike opinie te lig liewe joernalis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.