Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Vergeet my nie’

Vergeet my nie is geskoei op die ware liefdesverhaal van Mardaleen en Hugo Derks, twee mense wie se romanse ʼn stormagtige draai maak in Potchefstroom, Namibië en Londen.

Ná ‘n aaklige verbrokkeling van haar verhouding, pak ‘n gekultiveerde student in die klein dorpie Potchefstroom, haar tasse vir die opwinding en liggies van Londen. Sy raak verlief op ‘n aantreklike, kaalvoet Namibiër, maar laat haar vrese die beste van haar kry. As hy jare later aan haar deur klop, met beloftes van horisonne en ‘n lewe saam, kan sy veilig speel en die aanloklike stadsligte kies, of sy kan alles waag vir sonsondergange, sandduine en kaalvoetliefde.

Die fliek word op 14 Februarie in fliekteaters landwyd uitgereik. Sean-Marco Vorster, Marguerite van Eeden, Pietie Beyers, Kenley Swart, Arno Greeff, Elani Dekker en Amalia Uys is almal in die fliek te sien.

Vergeet my nie is vervaardig deur The Film Factory in samewerking met Huisgenoot en kykNET Films en die regie is behartig deur André Velts.

Maroela se eie Fliekvlooi Floris Groenewald het na die fliek gaan kyk. Hier is sy resensie:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.