Leon van Nierop se resensie: Sweet Girl

Sweet Girl **
Met Jason Momoa en Isabel Merced
Regisseur: Brian Andrew Mendoza

Lesers sien dat Jason Aquaman Momoa se naam (hy was ook in Game of Thrones) en sal dadelik bevooroordeeld wees teen die tweester-gradering en die resent blameer vir vooroordeel. Maar dit het niks te doen met die oormatige en dikwels buitengewone geweld en die vergesogte storie nie. Dink net: hoeveel vuisgevegte, houe teen die kop, ʼn liggaam wat teen mure gegooi word en uitklophoue kan een man oorleef, en dan nog half ongeskonde daaruit opstaan en verder baklei. Dit is nie die rede vir die tweestergradering van ʼn film waarvan baie Maroela-ondersteuners sal hou nie.

Dit gaan hier om ʼn vergesogte en onbevredigende einde. As ek dié Netflix-film in ʼn teater gesien het, sou ek my geld teruggevra het as gevolg van die “verduideliking” oor wat regtig gebeur het. Dit is die rolprent se achilleshiel waarvan hy nie maklik ontslae gaan raak nie.

Dit gaan oor ʼn macho man en sy dogtertjie wie se vrou/ma sterf aan kanker. Dit kom aan die lig dat die farmaseutiese maatskappy medisyne van die vrou weerhou het en van die mark verwyder het wat haar van kanker kon genees het. Momoa en sy dogter probeer dan om wraak te neem en geregtigheid te laat geskied.

As jy egter nie ʼn duiwel omgee oor motiverings en vergesogte eindes nie, mag jy dol wees hieroor. Maar sonder om iets te verklap, as jy hierdie einde koop, sal jy enige tienerstorie oor hoekom jou kind nie kan skottelgoed was nie ook aanvaar! Op Netflix.

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Se maar net ·

Ek wil net se ek het die fliek geniet en glad nie verwag hoe dit eindig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.