Kersmark bied hulp vir droogte

Die Kersfeesgees is amptelik in die lug en vanjaar kan boere en diere in droogtegeteisterde gebiede ook baat vind by geesdriftige Kersgeskenkkopers se oop beursies.

Enteractive Productions bied vanjaar die Christmas Mardi Gras Kers-nagmark by die Sun Arena Times Square in Pretoria aan en 10% van die kaartjieverkope word aan Burre Burger se droogtehulpfonds geskenk.

Dié fonds word aangewend om sukkelende boere en diere wat deur die droogte in Suid-Afrika geteister word te help.

Die Christmas Mardi Gras strek oor agt dae, van 16 tot 23 Desember, en bied stalletjies wat uit hul nate bars met oorspronklike produkte vir geskenke, Kerskousvullers, versierings en kos en drankies teen bekostigbare pryse.

Ander vermaak tydens die nagmark sluit in vuurdansers, ballonkuns en jongleurs op stelte, straatmusikante en menslike standbeelde.

Enteractive Productions is bekend vir produksies soos Babalela, Sonnekas en die gewilde Haas Das hou konsert.

Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.