Opskop in Afrikaans by ATKV-Klein-Kariba

Het jy al gehoor van die Opskop in Afrikaans-naweek, wat vanaf 23 – 24 Junie 2023 by ATKV-Klein-Kariba gaan plaasvind?

Kom kuier saam met ons vir ʼn naweek vol pret, musiek en opwinding! Moenie optredes deur Bobby van Jaarsveld, Irene-Louise Van Wyk, en Appel misloop nie. Wees deel van die opwindende aktiwiteite soos Kapperjolsports en Musiekfabriek.

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid wat by jou behoeftes pas, soos die berghuise, houthuise, vishoekhuise asook ʼn verskeidenheid woonstelle om van te kies en keur, gewone tente vir families, hotelkamers en kampering.

ATKV-Klein-Kariba is jou alles-in-een vakansiebestemming en is die ATKV se avontuur-oord wat spog met ʼn verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en aktiwiteite soos trapbootjies, perde, vierwielmotorfietse, put-put, waterglybaan, staproetes en nog vele meer.

Bespreek nou jou plek vir hierdie ongelooflike naweek en ontvang 25%-afslag op alle akkommodasie en kampering. Skakel ATKV-Klein- Kariba by 014 736 9800 of besoek die webwerf https://klein-kariba.co.za/opskop vir die volledige program.

Maak reg vir die Opskop in Afrikaans naweek by ATKV-Klein Kariba – die plek waar die pret nooit ophou nie! Ons sien jou daar!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.