Vanjaar was daar groot uitsette met groot suksesse in die vermaaklikheidsbedryf gelewer. Ons vat die hoogtepunte van Maroela Media se vermaaklikheidstories saam in die top10 vir 2015. Lees alles oor die gewilde flieks Treurgrond, Ballade vir ʼn Enkeling en Dis ek, Anna en ook die hulde aan Fredi Nest en die groot sukses met Karen Zoid en Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”.
Die video van Francois van Coke se enkelsnit “Toe vind ek jou”, ʼn duet saam met Karen Zoid, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Woensdag bekendgestel is en dit word reeds beskryf as “die mooiste ballade van die jaar”.
Die nuwe Afrikaanse rolprent Treurgrond word in Mei uitgereik en die splinternuwe lokprent vir die fliek is vandag bekendgestel.
Die bekende roman Dis ek, Anna is nou verwerk vir die silwerdoek en die eerste lokprent is bekendgestel.
Fredi was sonder twyfel een van ons land se voorste kunstenaars en sy afsterwe is ’n enorme verlies vir die plaaslike musiekbedryf.
Daantjie Dinamiet het gaan ondersoek instel om die kunstenaars se regte name op te spoor.
Kykers van die gewilde kykNET-televisiereeks Getroud met rugby het hul ongelukkigheid uitgespreek oor ʼn onlangse episode van dié reeks. Maroela Media het met Deon Opperman, een van die skrywers van die reeks, daaroor gesels. /
Omtrent tien jaar nadat Adam Tas die Guinness-wêreldrekordboek gehaal het as die kunstenaar wat by die meeste plekke op een dag opgetree het, het hy weer geskiedenis gemaak.
ʼn Nuwe standaard vir plaaslike rolprente – Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling begin vandag in fliekteaters draai. Lees hier hoekom jy dit nie mag misloop nie. https://maroelamedia.co.za/blog/vermaak/flieks/resensie-ballade-vir-n-enkeling-n-nuwe-standaard-vir-plaaslike-rolprente/
Dié jong seun het in 2013 bekendheid verwerf toe ʼn plaaslike radiostasie ʼn video van sy optrede op YouTube gelaai het.
Paul C. Venter, bekend vir immergewilde televisiereekse soos Konings, Torings en Arende, se splinternuwe dramareeks, Vlug na Egipte, begin vanaand op kykNET.
Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.