Appel breek reëls op dié Top-20

Appel. (Foto: Youtube)

Appel betree die Maroela Media Afrikaanse Top-20 op die nommer een posisie met sy nuwe liedjie, “Foute”. Om op die treffersparade in die topposisie met ʼn nuwe uitreiking te verskyn, is ʼn rekord waarin nog net Jo Black kon slaag.

Die musiekvideo van Appel se jongste snit is ook al reeds meer as 75 000 keer gekyk.

Lisie Basson se “#23” staan ook uit die week en betree die Top-20 op nommer 14. Dié lied was ook die afgelope week onder die Top-50 liedjies op die Spotify-stromingsdiens.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, tien wat hul plekke verloor, vier wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat op die Top-20 verskyn.

1. Appel – “Foute”
2. Barto – “Impulsief”
3. Eloff – “Koue kole”
4. Barto – “H2oë”
5. Juan Boucher – “Dans met gevaar”
6. Wilma van Heerden – “Sysoen”
7. Bernice West – “Lyfie”
8. Die Heuwels Fantasties en Appel – “Nora Vlok”
9. Brendan Peyper – “Nee of ja”
10. Eloff – “Swipe regs”
11. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
12. Dodo Nyoka – “Foto’s”
13. Zaan Sonnekus – “Monitor”
14. Lisie Basson – “#23”
15. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
16. Droomsindroom – “Ek ly aan”
17. Prop – “Kwaaitjie”
18. Marno van der Merwe – “Uit my lyf”
19. Die Piesangskille – “Mal Maandagaande”
20. Gerhard Steyn saam met Loufi – “Partykiehonde”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Valiant Swart. (Foto: Facebook)

Valiant Swart se loopbaan strek oor meer as 35 jaar. Dié legende is bekend vir liedjies soos “Jakarandastrate”, “Eyeshadow” en sy rol in die reeks, “Song vir Katryn”. Sy nuutste album, “Rondry, fliek en die buitelewe” is pas op digitale platforms bekendgestel en daarmee saam die lied, “Lied van die langpad”. Die inspirasie agter die album is Valiant se jarelange waarneming van mense en plekke.

Marno van der Merwe is nie net ʼn veelsydige akteur nie, maar ook ʼn kranige liedjieskrywer, wat gehelp het om treffers soos “Vat ʼn bietjie” en “Rowwe bliksem” vir Riaan Benadé neer te pen.

Hy het pas sy jongste enkelsnit, “Uit my lyf”, uitgereik. Die snit gaan oor iemand, of ʼn herinnering, wat jy net nie uit jou gedagtes kan kry nie; amper soos ʼn verslawing. “Ek dink dit is eerlik en ʼn bietjie anders as wat tans in Afrikaans is. Ek glo dit sal mense dadelik aan iemand herinner,” sê Marno.Link:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.