Appel, Brendan Peyper neem Top-20 op horings

Brendan Peyper.

Brendan Peyper se nuutste enkelsnit, “Lekkerder op my trekker”, betree vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 16de plek.

Die musiekvideo van dié lied is ook onlangs bekendgestel. “‘Lekkerder op my trekker’ is jou tipiese tong in die kies, lekker vasdansliedjie. Dit is iets nuut wat ek probeer; hy het so ʼn blues- en rock-gevoel. Dis iets anders as wat ek normaalweg sou doen, so ek hoop die mense hou daarvan,” het Peyper onlangs in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê.

Peyper se vorige enkelsnit, “Sterk soos ʼn leeu”, pryk ook op die Top-20 in die derde plek. Appel se nuwe enkelsnit, “F250”, maak ook hierdie week sy toetrede tot die Top-20 in die laaste plek.

Sy gewilde liedjie “Nonna” neem weer dié week se no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en 10 wat daal, drie wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat hul toetrede maak.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  3. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  4. Francois van Coke – “As ek kon”
  5. Riana Nel – “Ewigheid”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Bok van Blerk – “Een”
  8. Loki Rothman – “Op my pad”
  9. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  10. Kurt Darren – “Party tyd”
  11. Laudo – “Ek kan nie wag”
  12. Snotkop – “Pens & pootjies”
  13. Juanita du Plessis – “Dis tyd”
  14. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  15. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  16. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  17. Biggy – “Dames”
  18. Refentse – “What a boytjie”
  19. VirAnder – “Sing ʼn Halleluja”
  20. Appel – “F250”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.