Barto vat vlam op dié Top-20

Barto

Barto kuier by Maroela Media. (Foto: Maroela Media/Pieter Cloete)

Barto se nuutste enkelsnit, “Vlam in die wind”, is pas bekendgestel en die musiekvideo van dié lied is alreeds meer as 39 000 keer gekyk. Dié enkelsnit verskyn vandeesweek in die sesde plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Appel se “Foute” bly vir eers op nommer een op ons treffersparade.

In vandeesweek se Top-20 is daar agt liedjies wat klim, ses wat hul plekke verloor, vier wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat op die Top-20 verskyn.

1. Appel – “Foute”
2. Eloff – “Koue kole”
3. Barto – “Impulsief”
4. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
5. Appel – “Suikerbos”
6. Barto – “Vlam in die wind”
7. Wilma van Heerden – “Sysoen”
8. Barto – “H2Oë”
9. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
10. Appel – “Diana”
11. Marno van der Merwe – “Uit my lyf”
12. Juan Boucher – “Dans met gevaar”
13. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
14. Dodo Nyoka – “Foto’s”
15. Zaan Sonnekus – “Monitor”
16. Bernice West – “Lyfie”
17. Lise Basson – “#23”
18. Jan Jan Jan – “Hy’s ʼn lekker ou”
19. Loufi saam met Jack Parow – “Oh la la”
20. Prop – “Kwaaitjie”

Nuwe uitreikings:

In die groep Vrede, wat uit Francois Roux en Storm Opperman bestaan, se nuwe lied, “Klein wêreld”, word gekyk na goeie dinge wat tot ʼn einde kom.

Francois Roux en Storm Opperman van Vrede.

Goeie dinge, soos universiteitsdae, wat diegene wat die geleentheid gehad het om aan ʼn universiteit te studeer, mee sal saamstem verseker jou beste en lekkerste tyd van jou lewe is. ʼn Tyd van vriende maak, selfontdekking en waar die enigste verantwoordelikheid wat jou in die oë staar, is om jou graad te slaag.

Nog liedjies wat uitgereik is, is Pedri se “Dankie Pa”, Jan Rhaap se “Pa staan vir jou”, Biggy saam met Ou Diamond se “Awe”, Ruth se “Hier staan ons nou”, Anzelle se “Lawaaiwater”, Loufi saam met Jack Parow se “Oh la la”, Inspirasie Veelvoud se “Ons trein het vertrek”, Thys Nortje se “Claudia”, Volk saam met Margot se “Sonvanger”, Barto se “Vlam in die wind” en Wentzel se “Wil jy bly”. Lees ook Maroela Media se onderhoud met Sarel Kleinhans oor sy snit, “Transkei”.

 

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.