Bernice swaai weer die septer op Top-20

Bernice West. (Foto: Jannes Erasmus)

Riaan Benadé, een van die Afrikaanse musiekbedryf se gunsteling-nuwelinge, se splinternuwe enkelsnit “Spontaan” maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Dit is ook die titelsnit van sy debuutalbum wat verlede jaar uitgereik is. Sy liedjie “Gooi nog ʼn whisky” is vandeesweek onttroon deur die krulkopsangeres Bernice West se gewilde treffer “Sonop-blom”.

West neem dus weer vir die eerste keer vanjaar die nommer 1-posisie in. Haar jongste snit “Kom binne” is in die sewende posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, tien wat daal, een wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whisky”
  3. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  4. Elandré – “Dag en nag”
  5. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  6. Jay – “Te veel”
  7. Bernice West – “Kom binne”
  8. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  9. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  10. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  11. Refentse – “Stormnag”
  12. Loufi – “Baas vannie plaas”
  13. Fatman – “Vuil Coke”
  14. Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
  15. Lianie May & Jay – “Dors”
  16. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  17. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  18. Appel – “Nonna”
  19. Riaan Benadé – “Spontaan”
  20. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.