Bokgees bedaar op Top-20

Droomsindroom. (Foto: Spotify)

Noudat die Bokgees oor die wêreld heen so effe bedaar het, val beide Loufi en Leon Schuster se rugbyliedjies uit die toptien van die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Loufi se “Bokke” val vandeesweek na die 20ste plek terwyl Leon Schuster se “Die Bokmasjien” nou in die 12de plek is.

Riaan Benadé se “Boksemdais” beklee steeds die eerste plek, terwyl Die Piesangskille se “Inge 2” en Elandré se “Asseblief” onderskeidelik die tweede en derde plekke inneem.

Die Droomsindroom-broersduo verskyn hierdie week in die Top-20 met hulle jongste uitreiking, “Dans alleen”, waarvan die musiekvideo reeds sowat 28 000 keer op YouTube oor die afgelope drie dae gekyk is.

In vandeesweek se Top-20 is daar elf liedjies wat klim, ses wat hulle plekke verloor, een nuwe liedjie wat sy toetrede maak en twee wat onveranderd bly.

1. Riaan Benadé – “Boksemdais”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Elandré – “Asseblief”
4. Brendan Peyper – “Moegdans”
5. Droomsindroom – “Dans alleen”
6. Appel – “Foute”
7. Die Piesangskille – “Lyntjie”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Barto – “H2Oë”
10. Eloff – “Koue kole”
11. Barto – “Impulsief”
12. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
13. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
14. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
15. Jay – “Stoutgat”
16. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
17. Appel – “Diana”
18. Riana Nel – “Ek wonder”
19. Bernice West – “As Hy weer kom”
20. Loufi – “Bokke”

 

Nuwe uitreikings:

Kirky van Kirkwood. (Foto: Verskaf)

In 2022 het Kirky van Kirkwood haar stem vir die eerste keer laat hoor met haar lied, “Wie sê ʼn vrou kan nie boer nie?”. Haar jongste uitreiking is getiteld, “Song vir ma”. Die liedjie het sy oorsprong gekry ná ʼn lang gesprek met ʼn medekunstenaar in Patensie wat tot in die oggendure gedraai het.
Kirky het besef dat sy en haar nuwe vriende iets in gemeen het – almal (Jakoos, sy vrou Hilde en Kirky) het al een van hulle ouers verloor.

Die begaafde musiekante Petronel Baard en Johan Liebenberg het besluit om saam te werk en ʼn nuwe lied op te neem. “Mag jy” is geskryf deur Helena Marais en is geïnspireer deur die geboorte van haar vriendin se babadogter en hoe spesiaal dit vir haar was om te kan aanskou hoe ʼn nuwe lewe die wêreld inkom; met al die moontlikhede en uitdagings wat nog voorlê.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Droomsindroom se “Dans alleen”, Biggy se “Janneman”, Kontras se “Soos ʼn brander”, Elsje se “Stroom”, Jacques du Plessis se “Water”, Posduif se “Waar ek my lippe neer lê”, en Jan Rhaap se “Wildman”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.