Corlea betree Afrikaanse Top-20 ná omstredenheid

Corlea het vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree met haar jongste enkelsnit, “Bittersoet”, nadat haar bekendstellingsveldtog vir dié snit sosialemediagebruikers behoorlik aan die gons gehad het.

“Bittersoet” is die afgelope week saam met Corlea se “genadesak”-projek bekendgestel. Sy het dié projek van stapel gestuur ter ondersteuning van vroue wat mishandel is.

Die sangeres het die tonge laat klap toe sy ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit blyk dat sy aangerand is. Die foto was egter deel van die bekendstelling van haar nuwe enkelsnit en projek.

Die musiekvideo vir “Bittersoet” is ook onlangs uitgereik met die aanhaling op bemarkingsmateriaal: “Elke begin het ʼn einde, maar elke einde is ʼn nuwe begin.” Haar splinternuwe album, Onbreekbaar, is ook vandeesweek uitgereik.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat onveranderd bly en een nuwe toetrede. Jo Black behou die week se no. 1-posisie met “Voel jy die genade”.

  1. Jo Black – “Voel jy die genade”
  2. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  3. Spoegwolf – “Blou”
  4. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  5. Refentse – “Liefdegenerasie”
  6. Ivan Roux – “Daai ding”
  7. Refentse – “Baie gevaarlik”
  8. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  9. Straatligkinders – “Krake”
  10. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  11. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  12. Manie Jackson – “Donker hart”
  13. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  14. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  15. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  16. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  17. Corlea – “Bittersoet”
  18. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  19. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  20. Jay & Lianie May – “Siekverlief”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Stem ·

Die musiek bedryf is moeilik lyk dit my deesdae. Elke bietjie aandag help.

Ja Nee ·

Sy irriteer my nou NOG meer. Sy moet miskien eerder uitkom by ‘n voorkoms kenner, sy dra hoegenaamd nie wat by haar gewig pas nie.

Jaques ·

Alida, was jy al fisies en of emosioneel mishandel?
Nie, dink weer voor jy sommer net sê dis aandag soek, ja dis dalk deel van advertensie, maar dit spreek ook boekdele van wat agter geslote deure aangaan.

JackFJ ·

As jy niks goeds kan sê nie…jy ken seker hierdie spreekwoord?

Mirrie Raubenheimer ·

Wens nr 1 jo black wil verdwyn. Skree musiek met mooi woorde wat nie eet, mis en herhaal nie maar aanhou herhaal, herhaal, herh… .

JackFJ ·

Jy HOEF NIE te luister nie…nê….hou tog op KLA oor NIKS….

Kawa ·

Ek was n aanhanger van haar gewees tot en met haar geweldige aandag soek. Glo sy sou onder die top 10 gewees het as sy dit op n ander manier bekend gestel het.

Faye ·

The people that have bad comments about Corlea, were possibly never in an abusive relationship, whether been physically or mentally, it affects you in the long term. She never looked for attention but has decided to open up against abuse for woman, I salute you Corlea to stand up, people read the Huisgenoot this really happened, and she is doing a wonderful thing by standing up for those you can”t, I was one of them and I am proud to say I stood up for the better. Listen and look at Bittersoet, a story the truth :)

Stefan ·

Well stated and so true Faye. I agree and support your point of view 100%.

Mic ·

“Ja Nee” dis maklik om kommentaar te lewer behind the scenes waar niemand jou Kan sien nie… Wonder hoe lyk joy gewiggies… ?. Sies jys lelik met jou kommentaar

JackFJ ·

Well said Mic…die mense wat so agter social media skuil…..as jy niks goeds van iets of iemand kan sê nie…bly liewer stil…

Blommie ·

Well done, Faye. Was in a emotional and verbal abuse marriage. There were no scars nor any visible signs, but I can tell you till today there is still certain things that I still struggle with. It is not an easy thing. The people that think that she did it for attention, I really feel sorry for you!

E.K. die eerste ·

Mooi so Corlea. Jou pragtige stem is fenomenaal en jy verdien dit – hoop jy skuif nog boontoe. Hopelik steur jy jou nie aan troluitsprake nie.

Osie ·

#Ja-Nee. Jy het nie die guts om jou naam en van te gebruik maar dan kritiseer jy! Verby pateties! Wonder hoe jy lyk? *opgooi*

Stem % saam ·

Osie, ek stem !!!! Ek sweer hier is mense wat nie werk het nie en wat die heel dag sit en wag vir n berig soos die sodat hulle kan gal braak om ook die aand te kan se, WOW tenminste het ek in 1 persoon se karakter in geklim vandag. Die mensdom het so PATETIES geword dat mense nie kan wag om ander te beledig nie. JA-NEE mag jy so dik raak laat jy nie eers self op die toilet kan gaan sit nie. En ja lag maar lekker, baie mense het my beledig en hulle ALMAL IS NOU LEKKER ROND en kan nie eers loop nie. Sit die heel dag op n bank en al hulle kos word agter hulle aan gedra. so ASB HOU AAN BELEDIG sodat jy ook met elke belediging dit trippel kan terug kry !!!

Jozi ·

Nou ja toe… daar maak sy toe die Top 20.
Wat party mense nie sal aanvang om aandag te trek nie.
Hierdie was alles ‘n bemarkings strategie gewees, soos meeste van ons vermoed het.

Adele Potgieter ·

Die feit dat Corlea grimering gebruik het om haar punt te staaf is irrelevant. Sy is self ook mishandel. As bekende sangeres het sy n platform waar sy bewusmaking kan kweek oor die saak wat ons gewone mense nie het nie. Dit verg moed om uit so n verhouding te kom en as sy een vrou s e lewe kan red, is dit alles die moeite werd Om neerhalend te wees oor iemand se gewig en stem is bloot ongeskik.

tammer ·

Sy is die ideale kunstenaar om die liedjie van Freek en Suzan (Als Het Avond Is) te doen. Nou ‘n treffer in Holland en Belgie met 6 miljoen views

MH ·

Dit is interessant om te sien hoe mense ‘n saak evalueer en kommentaar lewer op die basis van hulle eie ondervinding (of gebrek daaraan) sonder om te kyk na die meriete en/of feite van die saak waaroor dit eintlik gaan.

Dries Moolman ·

Almal wat so gal braak oor Corlea kamstig aandag soek – as Steve homself laat grimeer om te lyk of hy in ‘n plaas-aanval aangerand is, om bewustheid te skep oor plaas-aanvalle, sou julle hom van oggend tot aand geloof en geprys het daarvoor. So shut up.

Lekker lag ·

Genade Steve het ‘n film gemaak – hy het nie kamma kamma deur in sekere fotos met grimering aan te verskyn geinsinueer dat hy ‘n slagoffer van ‘n plaas aanval was nie. Daar is ‘n reuse verskil. Go figure.

JackFJ ·

@Lekker lag….kry bietjie AL die feite nê…so goed soos wat Steve is, en hy is, was hy nog nie betrokke by n regte plaas aanval nie…Corlea, aan die ander kant, was WEL in n “abbusive” verhouding…so, nee, sy insinueer NIKS…

Nika ·

Sjoe maar julle gin nie die son oor n ander een nie! Ek sê welgedaan vir elke kunstenaar wat die top 10 bereik het ongeag hoe julle publisiteit gekry het daarvoor tenminste kan almal op die lys sing! Vir die res van julle… wat jy saai sal jy maai, niemand is perfek nie!

Corlia se grootste fan ·

Corlia…………. ek smaak jou stukkend!
en jy doen goeie werk, moet jou nie aan die suur druiwe steur, min van die mense
op die paviljoen kan regtig die game speel.

mag jy van krag to krag gaan suster!

Zandra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.