Demi Lee span kroon op top-20

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Demi Lee Moore. (Foto: Willem Botha)

Na slegs twee weke op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 neem Demi Lee Moore se “Kan jou nie my maak liefhê” weer die no. 1-posisie in. “Wie se hart breek jy vanaand” is in die derde plek.

Irene-Louise van Wyk se “Tekkies brand” beklee die tweede posisie en Riaan Benadé se “Spontaan” is in die vierde plek.

Fatman se nuwe enkelsnit, “Kamp Kommandant”, betree vandeesweek die top-20 in die laaste plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 12 wat daal, een wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die treffersparade betree.

  1. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  4. Riaan Benadé – “Spontaan”
  5. Bernice West – “Dink aan jou”
  6. Eloff – “Johnnie Blou”
  7. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  8. Appel – “Dina”
  9. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  10. Franja du Plessis – “Bring dit”
  11. Reën – “Stof”
  12. Rooksein – “Damlelielief”
  13. Bernice West – “Hemel op aarde”
  14. Die Heuwels Fantasties & Spoegwolf – “Eggo”
  15. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  16. Brendan Peyper – “Die wolf”
  17. Tasché – “Baby, ek bly”
  18. Leah – “Move aan”
  19. Elvis Blue – “Goud in die vuur”
  20. Fatman – “Kamp Kommandant”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe vrystellings:

Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) se jongste en langverwagte enkelsnit, “Arende”, is die afgelope week bekendgestel.

Die idee van die liedjie was gebore tydens ’n vakansie in Spanje saam met sy gesin en skoonfamilie.

“Ons het bo-op ʼn berg gebly en die mooiste uitsig gehad oor die landskap en omgewing. Daar was elke dag arende wat deur die lug gesweef het en hulle het my verbeelding aangegryp,” vertel die kunstenaar.

“Dit het my ook laat dink aan Hoekwil in Suid-Afrika. Daar is groen gras, blou lug, woude, berge, waterstrome en bome, onder andere een reuse‑geelhoutboom. Ek het al baie gewonder hoe die jaarringe binne-in dié boom lyk en besef watter rykdom en diepte daarin lê om so stadig soos hy te groei en dat hierdie boom ook van die arende en hulle swerftogte weet.”

Hierdie ervaring het hom laat besef dat ons baie meer met God, mekaar en die natuur verbind is as wat ons besef en dat die liedjie juis oor hierdie verbintenis gaan.

“Hoe meer ek God leer ken, hoe meer besef ek dat die boksies wat ek in my kop gehad het oor wat deel is van Hom en wat nie, verdwyn. Ek kan sien hoe Hy met ons gesels en deel is van ons lewens op ’ʼn manier wat in alle opsigte uitskree: ‘Ek wil saam met jou leef’,” verduidelik hy.

“Ek hoop my jaarringe kan eendag praat van verbintenis en eenheid en ’ʼn bewustheid om saam met alles om my te ‘wil leef’. Soos die arende en geelhout en al die ander bewoners van ons skepping.”

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Jako Meyer se “Soeker” en Jan Jan Jan se “Al die ysters”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.