Dís wanneer jy Aardklop kan geniet

Aardklop 2019 (Foto: Verskaf)

Gereelde besoekers aan Aardklop kan gerus hul dagboeke nader trek; die datums waarop dié fees vanjaar gaan plaasvind, is pas bekend gemaak.

Potchefstromers kan uitsien na hul geliefde fees wat uiteindelik, vir die eerste keer sedert die begin van die Covid-19-pandemie, ’n soete terugkeer gevul met musiek, stalletjies, kuns en konserte uit die boonste rakke gaan maak.

Dié terugkeer sal vanaf 30 September tot en met 2 Oktober vanjaar op die bekende feesterrein plaasvind. Opwipfeeste gaan ook in Pretoria en Linden aangebied word.

Vanaf 6 tot 9 Oktober kan Pretorianers en Johannesburgers uitsien na teater, visuele kuns, gesprekke en hulle eie feesterreine met musiek, kuns- en kosstalletjies.

Die feesterreine word afsonderlik by die Voortrekkermonument en die Hoërskool Linden ingerig.

“Deur middel van hierdie innoverende opwip-formaat, bring ons die fees na nóg meer feesgangers, en kan ons aan meer mense werk verskaf in ’n bedryf wat op sy knieë gedwing is,” het Alexa Strachan, uitvoerende hoof van Aardklop, gesê.

Die fees wil met dié nuwe baadjie die kunste weer op die voorgrond plaas.

Feesgangers kan uitsien na bekende gesigte soos Frank Opperman, Antoinette Kellerman, Nataniël, Sandra Prinsloo en Margit Meyer-Rödenbeck wat by die fees gaan te optree.

“Weens die pandemie het ons verlede jaar ’n opwipfees by die Voortrekkermonument en Atterbury Teater in Pretoria gehad. Mense het die behoefte aan ’n kulturele inspuiting gehad. Ná afloop van die sukses en belangstelling het ons besluit om die formaat voort te sit,” het Wynette Theart, assistent van borge, media en bemarking van Aardklop, vroeër aan Maroela Media vertel.

  • Stalletjiehouers wat belangstel daarin om by een van die fees se drie bestemmings uit te stal, moet hul aansoeke voor 10 Junie na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miena ·

Is daar dalk n lys van aan-bevele self-sorg verblyf in die onmiddellike area (vanaf die feesterrein) vir 4 persone van enige iemand af asb? Amper soos wat met Inniebos gemaak word… Dalk kan Maroela Media weer n berig plaas met verlyf-lys??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.