MoniQue
Ek val vir jou is die debuutalbum van MoniQue. Die album, met 19 snitte, bevat hoofsaaklik splinternuwe diskonommers in Afrikaans, met daarby ‘n aantal Engelse gistergunstelinge byderwets opgeklits.Dit titelsnit Ek val vir jou saam met die kletsrymer Snotkop beloof ʼn treffer te wees. MoniQue het talle van die liedjies op die album self geskryf. Die album bevat ook MoniQue se weergawe van Steve Hofmeyr se Agter elke man en die splinternuwe liefdesballade Blou (sonder jou). Ek val vir jou is vars en energiek. (Select Musiek)
Speellys
- Ek val vir jou (met Snotkop)
- Sê my hoe
- Agter elke man
- Cambodia
- Gister is verby
- Blou (sonder jou)
- De ja vu
- Rondomtalie
- Wat ek bedoel
- If I could turn back time
- Perfect romance
- Verskoon my
- Jy kan my nie vang nie
- If I had a way
- Sê my wat jy doen
- Jammer
- Niks is onmoontlik
Bonussnitte
- Blou (sonder jou) dansweergawe
- Lose control (met Snotkop)