Eloff onttroon op Top-20

Eloff op die Glimlag-fees se verhoog. (Foto: Facebook/Glimlag Fees)

Bobby van Jaarsveld maak weer sy verskyning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met sy jongste enkelsnit, “Verlore seun”.

Bobby beskryf die liedjie, wat tans in die 12de plek lê, as een van sy eerlikste liedjies tot dusver.

“Deur my musiek doen ek selfondersoek. Ons almal het ʼn wond of ʼn seerplek, en dit is waaroor die meeste van my musiek gaan. Dit is belangrik vir my dat dit iets moet beteken,” sê Bobby.

“Mag ek jou laaste wees” deur Ruhan du Toit, wat in sy jongste album, Stockholm Sindroom, verskyn, debuteer vandeesweek op die Top-20 in die laaste posisie.

Bobby van Jaarsveld kuier in Maroela Media se ateljee. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die musiekvideo van dié lied is in Februarie vanjaar uitgereik en dit is reeds meer as 110 000 keer op YouTube gekyk.

Eloff verloor sy plek in die no. 1-posisie en maak plek vir Brendan Peyper se “Soen soos wat jy dans”, wat dus vandeesweek die topposisie inneem.

In vandeesweek se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, tien wat onveranderd bly, twee wat die treffersparade betree en twee liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
2. Eloff – “Vlerke”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
8. Chris Steyn – “Helemal”
9. Steve Hofmeyr – “Romy”
10. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
11. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
12. Bobby van Jaarsveld – “Verlore seun”
13. Appel – “Buffel van Buffelsfontein”
14. Brendan Peyper – “Moegdans”
15. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
16. Die Piesangskille – “Lyntjie”
17. Bok van Blerk – “Dis raak”
18. Joshua na die Reën saam met Karlien van Jaarsveld – “Beter vir ons albei”
19. Elandré – “Asseblief”
20. Ruhan du Toit – “Mag ek jou laaste wees”

Maroela se keuse:

Werner van der Hoven. (Foto: Kontentmint)

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Elisma van der Watt, joernalis, deel die vyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan:

1. “Wynland” – Werner van der Hoven
2. “Volkswagen bussie” – Ryno Velvet
3. “Wat die hart wil hê” – Nicola Dryer
4. “As Hy weer kom” – Bernice West
5. “Liewe jy” – Jacques not Jack

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.