Eloff vlieg hoog op dié Top-20

Eloff op die Glimlag-fees se verhoog. (Foto: Facebook/Glimlag Fees)

Ná die Desembervakansie is dit duidelik dat partytjieliedjies op al wat ʼn speellys gepryk het, as daar na stromingsdata gekyk word, en die Maroela Media Afrikaanse Top-20 getuig hiervan.

Eloff se “Vlerke” neem die topposisie in op die eerste Top-20 van 2024.

Die koorgedeelte bevat dieselfde lirieke en melodie as die oorspronklike lied, “Neem my op vlerke”, deur Anneli van Rooyen.

Die musiekvideo vir die liedjie is reeds meer as een miljoen keer op YouTube gekyk nadat dit slegs ʼn maand gelede opgelaai is.

Bok van Blerk is ook terug op die Top-20 met sy nuutste enkelsnit, “Dis raak”.

In vandeesweek se Top-20 is daar vyf liedjies wat klim, een nuwe liedjie wat die treffersparade betree, drie liedjies wat onveranderd bly en elf liedjies wat hul plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Demi Lee Moore – “Hart breek”
4. Riaan Benadé – “Boksemdais”
5. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
6. Chris Steyn – “Helemal”
7. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
8. Appel – “Buffels van Buffelsfontein”
9. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
10. Elandré – “Asseblief”
11. Brendan Peyper – “Moegdans”
12. Bok van Blerk – “Dis raak”
13. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
14. Droomsindroom – “Dans alleen”
15. Appel – “Foute”
16. Ricus Nel – “Kalahari Ferrari”
17. Barto – “H2Oë”
18. Die Piesangskille – “Lyntjie”
19. Eloff – “Koue kole”
20. Barto – “Impulsief”

Nuwe uitreikings:

Vrede. (Foto: Apple Music)

Die duo Vrede het saam met Tino gewerk aan ʼn splinternuwe lied wat hulle reeds in Desember uitgereik het.

“Awe” gaan oor die ligter dinge in die lewe en is ʼn ligte, sorgvrye liedjie wat handel oor die omarming van kinderlike vrede en vreugde en jeug.

Ander liedjies wat uitgereik is, is PietFrik se “Afrikaans, ek mis jou”, Bok van Blerk se “Dis raak”, Die Heuwels Fantasties saam met Loki Rothman se “Jy is al wat ek het”, Armand Hofmeyr saam met Afrikaans wil dans se “Marie”, Arno Jordaan saam met Louis van Lill se “Saaragaand”, Elsje du Toit se “Voel” en Ampie se “Volksie bonnet”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.