Die Ghoema-toekennings, wat die room van Suid-Afrikaanse musikante vereer, is Maandag tydens ʼn glansgeleentheid by die Johannesburg Teater gehou.
Die wenners is aangewys deur ʼn beoordelaarspaneel wat bestaan uit kundiges in die bedryf, maar die publiek het ook hul stemme laat tel.
Kunstenaars soos Elvis Blue, Francois van Coke en Karen Zoid het met die meeste beeldjies huis toe gegaan.
Die veteraansanger Carike Keuzenkamp, wat beste kinderalbum of DVD gewen het, sê sy vier vanjaar die tiende jaar met die suksesvolle Ghoempie-DVD’s. Na verskeie toekennings, onder meer die SAMA (South African Music Awards) lewensbydrae-toekenning, bly sy steeds nederig.
“Ek was baie bly vir my span toe ek hoor ek het dié toekenning gewen. Dit gaan moeilik wees om eendag totsiens te sê vir die Ghoempie span wanneer daardie dag wel aanbreek,” het sy vertel.
Elvis Blue het in al sewe kategorieë gewen waarin hy benoem is, sowel as ʼn bykomende kategorie naamlik album van die jaar.
Francois van Coke het met vyf beeldjies weggestap waaronder ʼn toekenning vir die liedjie “Toe vind ek jou” saam met Karen Zoid. Juanita du Plessis is as die topverkoper van die jaar aangewys.
Hier is ʼn volledige lys van die wenners:
Beste nuweling van die jaar
Leah
Musiekvideo van die jaar
Elvis Blue
Beste geestelike album
Retief Burger
Beste kinderalbum of DVD
Carike Keuzenkamp
Gewildste liedjie van die jaar
Francois van Coke en Karen Zoid – Toe vind ek jou
Beste humoralbum
Andries Vermeulen
Liedjieskrywer van die jaar
Elvis Blue
Beste rock album
Spoegwolf
Francois van Coke
Beste vervaardiger
Robin Kielly
Beste live DVD
Elvis Blue
Beste pop album (vroulik)
Karlien van Jaarsveld
Beste pop album (manlik)
Joe Foster
Beste album deur ʼn duo of groep
Anders
Beste instrumentele album
Rocco de Villiers
Beste kontemporêre album (vroulik)
Andriëtte
Elvis Blue
Digitale album van die jaar
Francois van Coke
Beste digitale liedjie van die jaar
Francois van Coke en Karen Zoid
Beste luitoon van die jaar
Elvis Blue
Beste liedjie van die jaar
Francois van Coke en Karen Zoid
Groep van jaar
Anders
Vroulike kunstenaar van die jaar
Andriëtte
Manlike kunstenaar van die jaar
Elvis Blue
Album van die jaar
Elvis Blue
Lewensbydraetoekenning (eretoekenning)
Nico Carstens
Veels geluk, almal! Doen so voort.
Snotkop en metgesel? Huh?? Sy ma? Hy bly darem n mooi outjie!
Dis Elvis Blue en sy vrou.