Hierdie lesers gaan kyk Jo Black in Nederland

Jo Black  (Foto: Facebook)

Twee oorsese Maroela Media-lesers het elkeen ʼn stel dubbelkaartjies gewen om na Jo Black se vertoning op Saterdag 15 Julie by die Theater Amsterdam in Nederland te gaan kyk.

Baie geluk aan Charlotte Barnard en Sunelle Pieters wat die vertoning gaan beleef.

Die eksklusiewe konsert, Hoop in Afrikaans, gaan die talentvolle sanger en liedjieskrywer se musiekvernuf ten toon stel en bewys waarom hy een van Suid-Afrika se grootse musieksterre is.

Die konsert in Amsterdam vorm deel van die Europese been van Jo se internasionale toer, waar hy ook na Londen en Skotland in die Verenigde Koninkryk vir konserte gaan reis.

Koop jou kaartjies vir Jo Black se Hoop in Afrikaans-konsert in Nederland hier op www.eventbrite.com

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.