JNDR en Karlien maak mooi op Top-20

Joshua na die Reën en Karlien van Jaarsveld. (Foto: Facebook)

Joshua na die Reën (JNDR) en Karlien van Jaarsveld maak die week saam hul verskyning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

“Wanneer ek skryf, word die atmosfeer om my gewoonlik tasbaar. Soms is dit lig en ander kere donker. Amper soos wanneer jy na ’n donderstorm buite in grasvelde loop of in ’n dik mistigheid staan. Die teenstryd daarvan om te mag skryf en te skep neem my al jare lank op ’n buitengewone ontdekkingsreis van die lewe, en hoe dit werk, en van wie ek as mens is en wie ek wil wees,” skryf JNDR, wie se regte naam Jacques de Villiers is, op Facebook oor sy ervaring wanneer hy musiek skryf.

“Beter vir ons albei” is ook nie tradisioneel ʼn JNDR-klank nie, verduidelik Jacques, maar om hiermee te eksperimenteer was vir hom ʼn goeie ervaring. Vir hom was dit natuurlik ʼn groot voorreg om die lied saam Karlien van Jaarsveld op te neem. “Dit was vir my lekker om jou beter te leer ken. Jou diepte en jou uitkyk oor die lewe is regtig iets wat mense se harte sal verander”. Die musiekvideo van dié lied is reeds twee weke gelede bekendgestel.

Eloff behou die no. 1-posisie met “Vlerke”.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, tien wat onveranderd bly, een wat die treffersparade betree en ses liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
3. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
4. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Riaan Benadé – “Boksemdais”
7. Demi Lee Moore – “Hart breek”
8. Steve Hofmeyr – “Romy”
9. Chris Steyn – “Helemal”
10. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Brendan Peyper – “Moegdans”
13. Die Piesangskille – “Lyntjie”
14. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
15. Appel – “Buffel van Buffelsfontein”
16. Bok van Blerk – “Dis raak”
17. Joshua na die Reën saam met Karlien van Jaarsveld – “Beter vir ons albei”
18. Elandré – “Asseblief”
19. Annelie van Rooyen saam met SENSASIE – “Neem my op vlerke”
20. Anneli van Rooyen saam met SENSASIE – “Ek lewe”

Maroela se keuse:

Brendan Peyper. (Foto: Brendan Peyper/Instagram)

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Carli Koch, joernalis, deel die vyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan:

1. “Hey sonneblom” – Droomsindroom
2. “Soen soos wat jy dans” – Brendan Peyper
3. “Haar naam was Somer” – Die Piesangskille
4. “Liewe jinne!” – Juanita du Plessis
5. “Buffel van Buffelsfontein” – Appel

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.