Meta het Dinsdag ʼn ongewone onderbreking beleef op al sy sosialemediaplatforms. Gebruikers van Facebook, Instagram en Threads is onverwags uit hul profiele uitgeteken.
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 Maart 2024
Bezos onttroon Musk as wêreld se rykste
Voormalige uitvoerende lede van Twitter het Musk intussen ook Maandag gedagvaar.
Kriminele teiken nou koffiemasjiene
ʼn Waarskuwing is uitgereik aan alle sake-eienaars om uiters waaksaam te bly – veral diegene in die restaurant- en selfoondienstebedryf.
Eerste dagboekinskrywing vir prinses Kate ná operasie
Koning Charles III het intussen ook Dinsdag met finansiesminister Jeremy Hunt vergader.
‘Landboudepartement mors geld’
“Die belastingbetaler kan nie langer ʼn regering ondersteun wat geen verantwoordelikheid vir die bestuur van fondse aan die dag lê nie. Dit terwyl daar mense is wat nie kos het om te eet nie.”
Nissan se revolusionêre ysmeester
Om dit te illustreer vat Nissan ons Finland toe. In die winter. Dit is ys en sneeu so ver die oog kan sien.
Regering se NGV-pamflet ʼn klugspel – Solidariteit
“Die tesourie is bewus van die feit dat daar nie genoeg geld is nie. Dit is tyd dat die tesourie dit onomwonde sê en die res van die regering van hierdie gekke plan laat afsien.”
Adam Tas nou ambassadeur vir Voortrekkermonument
“Elkeen wat die monument besoek en ondersteun, is ’n ambassadeur van ons geloof, kultuur en taal.”
SA spring resessie net-net vry
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die vierde kwartaal maar met ʼn marginale 0,1% gegroei nadat dit in die derde kwartaal met 0,2% gekrimp het.
Regbank toe nié te wit
Syfers van die prokureur-generaal se kantoor wys dat die staat sedert 2019 in der waarheid van meer swart en vroueregslui gebruik gemaak het as wat die doelwit was.
ToekomsVenster: Die boom is nie dood nie
Moenie opgee nie, dis net ʼn seisoensverandering.
Neusie verby met toetskaartjies: dis duidelik lekker op Loftus
“Die rugbykoors herleef in Pretoria,” het Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie, gesê nadat kaartjies vir die Springboktoets op Loftus Versfeld ook uitverkoop is.
VSA teiken Zim-leiers met nuwe sanksies
“Die veranderinge wat ons aanbring, moet duidelik stel wat nog altyd die geval was: Ons sanksies is nie bedoel om die mense van Zimbabwe te teiken nie.”
Brandstofprysverhoging bedreig voedselsekerheid
Stygings in petrolpryse benadeel nie net motoriste wat hul voertuie moet volmaak nie, dit het ʼn vernietigende uitwerking op die land se voedselvoorraad, sê ʼn kenner.
Rits werksgeleenthede beskikbaar vir somatoloë
Die werksgeleenthede in die skoonheidsberoep is baie veelsydig. Graduandi kan hul eie salon of spa oopmaak, kan saam met ʼn mediese dokter of plastiese chirurg werk, in ʼn apteek behandelings doen, by ʼn filmspan aansluit, op luukse skepe werk, ʼn spa- of salonbestuurder of selfs ʼn dosent word.
El Niño rede vir stygende temperatuur wêreldwyd
Hoewel die weerverskynsel stadigaan verswak, gaan die uitwerking daarvan steeds oor die volgende maande gevoel word.
Beheerliggaam ruggraat van skool; gaan stem – dept
“Die verband tussen betrokke beheerliggame en die sukses van ’n skool is onmiskenbaar.”
KragDag: Alternatiewe vir beurtkrag, waterprobleme en onderwys
“Die antwoorde op die vraagstukke in ons land is beslis nie eenvoudig nie, maar dit begin sonder twyfel by selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid.”
Kommer oor moordverhoor glo sloer
Familie en vriende van Shane Human wat in April verlede jaar glo deur sy buurman in Brackenfell met ’n mes doodgesteek is, is bekommerd omdat die verhoor steeds nie begin het nie.
Bouwer laat vaar borgtogaansoek
Anton Bouwer (55), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eie familielede tydens ʼn moordtog in Benoni doodgeskiet het, het Dinsdag sy borgtogaansoek voorlopig laat vaar.