Kommer oor moordverhoor glo sloer

Shane Human (Foto: Verskaf)

Familie en vriende van Shane Human wat verlede jaar glo deur sy buurman in Brackenfell in die Wes-Kaap met ’n mes doodgesteek is, het hul kommer te kenne gegee omdat dié buurman se verhoor nog nie begin het nie.

Gareth Blight se verhoor was veronderstel om in November te begin, maar is sedertdien verskeie kere uitgestel, aldus AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Blight sal Woensdag weer in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte van moord.

Gareth Blight (Foto: Verskaf)

Hy word daarvan beskuldig dat hy Human, ’n onderwyser vir leerders met spesiale behoeftes en sy buurman, op 29 April verlede jaar ná ’n woordewisseling by sy huis in Protea Village in Brackenfell met ’n mes doodgesteek het.

Human is op die toneel dood verklaar en Blight is sedertdien in aanhouding.

Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê Blight het op 6 Februarie weer in die Blue Downs-landdroshof verskyn waar sy regsverteenwoordiger, tot groot misnoeë van Human se familie, om uitstel gevra het sodat sy kliënt se bloedalkoholverslag aangevra kon word.

Human se familie sal die hofverrigtinge na verwagting môre bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Moenie bekommer dit is die ANC se Suid Afrika. Saak sal in 2026 by die hof uitkom.

Pierre ·

mense moor deesdae na wille keer teken van n staad vaal en n tandelose vervolging

Christine ·

Moenie die saak aanjaag nie laat hy maar rustig sit daar waar hy hoort
Die saak kan maar eers in 2030 begin en vir nog n hele paar jaar uitgestel word
Hy moet eintlik nie weer uitkom nie

Casper ·

Christinè,onggelukkig word hierdie tyd wat hy agter tralies is in aanmerking geneem indien hy skuldig bevind word en gevonniß word.Hoekom word sy bloedalkoholverslag nou eers aangevra.Nou gaan dit nog langer vat want ons weet wat gaan by die polisie se forensiese laboratoriums aan.Hoekom sloer die saak,dit maak nie sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.