Kriminele teiken nou koffiemasjiene

Argieffoto (Foto: Pexels / Pixabay)

Fidelity ADT het ʼn waarskuwing uitgereik aan alle sake-eienaars om uiters waaksaam te bly – veral diegene in die restaurant- en selfoondienstebedryf.

Misdaadsindikate teiken al hoe meer duur bates soos duur spysenieringstoerusting, koffiemasjiene, fabrieksmengers en kragopwekkers.

“Ons sien ʼn nuwe neiging waar misdadigers nie net tradisionele instellings teiken nie, maar ook mobiele restaurante,” sê Charnel Hattingh, groepshoof van bemarking en kommunikasie vir Fidelity ADT. “Dit is noodsaaklik dat sake-eienaars proaktiewe maatreëls instel om hul bates te beskerm.”

Sake-eienaars moet ook waaksaam bly, hul duur bates buite sig stoor en seker maak dat dit veilig gehou word. Hulle moet seker maak hul kringtelevisiekameras werk en bly bedag op enige verdagte aktiwiteit. Mobiele ondernemings moet opspoortoestelle installeer vir duur items.

“Ons beveel aan dat minstens twee personeellede altyd paniekknoppies by hulle sal dra. Besoekers moet ook veral waaksaam bly. Die verdagtes beroof gewoonlik die bates en geld uit die kasregister, maar dit kan vir klante ook ʼn bedreiging wees. Ons verstaan dat dit moeilike tye is, maar die veiligheid van jou klante en bates moet nooit agterweë bly nie.”

Sake-eienaars word aangeraai om met hul veiligheidsdiensverskaffers te gesels oor ʼn volledige risiko-analise om seker te maak hulle is ten volle beskerm teen hierdie tipe misdaad. “Kom ons werk saam om ons ondernemings en gemeenskappe veilig te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

Daar is net te veel mense met skelm neigings. Beloer jou om elke draai vir n gaping om jou te beroof, ooral waar jy beweeg.

Aggie ·

Nou moet seker alles in die restourante/fabrieke/handelaars vasgeketting wees. Gelukkig eet ek baaaaie min uit deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.