Regering se NGV-pamflet ʼn klugspel – Solidariteit

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Suid-Afrikaners durf nié mislei word deur die regering se oneerlikheid oor die belastingimplikasies wat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) vir Suid-Afrika en sy mense gaan inhou nie, meen Solidariteit.

Die inhoud van ʼn inligtingspamflet oor die NGV, wat die departement van gesondheid op sy webblad geplaas het, maak melding van ʼn “klein belasting” wat aanvanklik benodig mag word om die begroting te rugsteun om van die NGV ʼn werklikheid te maak.

Tensy die regering ʼn bykomende 14% van elke werknemer se inkomste as ʼn “klein belasting” bestempel, is hierdie stelling in die pamflet van alle waarheid ontbloot.

Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), toon navorsing dat sowat R300 miljard, bo en behalwe die begroting vir die huidige gesondheidstelsel, benodig sal word.

“Die pamflet noem ook dat mense uit hul eie of kontant vir mediese dienste sal kan betaal. Dit strook nie met die voorgestelde wetgewing nie. Die NGV-wetsontwerp stel dit duidelik dat ʼn persoon wat nie die verwysingsproses volg nie, geensins sulke mediese dienste sal kan bekom nie,” sê Du Buisson. Die inligting daaroor in die pamflet skep nou verdere verwarring onder ʼn reeds verwarde publiek.

“Dit is eenvoudig. Die wetsontwerp moet teruggetrek en hersien word, óf die regering moet ophou om in sy pamflette daaroor te jok.

“Die tesourie het nie in hiérdie jaar se begroting vir die NGV begroot asof dit enigsins uitgevoer gaan word nie. Enige inligting wat uitgereik word, is voortydig en in hierdie geval van alle waarheid ontbloot. Dit lyk of die regering nie weet wat in hul eie wetsontwerp staan of wat die implikasies daarvan vir elke belastingbetaler gaan wees nie.”

Solidariteit neem waar dat die minister van finansies geen aptyt vir die NGV het nie en Du Buisson glo dit is omdat hy besef dit is op soveel vlakke onwerkbaar.

“Dit is omdat die tesourie bewus is van die feit daar nie genoeg geld is nie. Dit is tyd dat die tesourie dit onomwonde sê en die res van die regering van hierdie gekke plan laat afsien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik ·

Wat n grenslose belewenis moet dit wees om weer n regering met interiteit te beleef.

Republikein in die Wes Kaap ·

Elke tweede prokureur gaan in gesondheidswette spesialiseer. Indien jy dringend behandeling moet ontvang, bel vir net vir Saul om ‘n hofbevel te kry wat behandeling bespoedig. Die staat sal verplig word om jou na Switzerland of Singapoer te vlieg vir behandeling.

Pawiljoen Rot ·

Hierdie pamflet is die grootste pot strooi onder die son. “government will upgrade all facilities to ensure there is no difference between a public and private facility”. Wat ‘n grap.

Raadsman ·

Ha ha ha, Hoe meer kommunisties die regering raak, hoe meer geld het hy nodig, maar die inskomste bly dieselfde of verminder elke jaar.
Die kommunistiese 1955 ANC freedom charter werk nou nie meer so lekker in 2024 nie – so bietjie outdated.

skurweberg ·

Die regering moet meer aandag gee aan sy jeug se sosiale-moreel-etiese lewens en wereld beskouing. Die swangerskappe onder die jeug en minderjariges het kritiese afmetings begin aangeneem. Doen weg met die subsidiering vir hierdie klaarblykbare prestasie. JULLE IS BESIG OM DIE LAND SE JEUG TE MISLEI.. The government must pay more attention to its youth’s social-moral-ethical lives and world view. The pregnancies among the youth and minors began to assume critical proportions. Do away with subsidizing this apparent achievement. YOU ARE MISLEADING THE COUNTRY’S YOUTH.

SANDRA ·

@ Paweljoen rot. Dalk moet hulle eers die verotte staats instansies kry op ‘n vlak waar on hulle dalk kan glo. In Harties by daardie staatskliniek praat hulle slegs in ‘n Afrika taal. Belangstelling in gesondheid daar bestaan nie. Ek dink daar is ander klinieke en staats hospitale wat dieselfde is.

Di ·

Nee wat RAMPIE sal enige iets nou goedkeur voor die verkiesing! Wag tot die poppo die fan strike!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.