Regbank toe nié te wit

Regter Mandlenkosi Percival Motha (Foto: @whyjudgesmatter/Twitter)

Dit is toe al die tyd wit mansregslui wat aan die kortste ent trek wanneer dit by regsverteenwoordiging vir die staat kom.

Dit blyk uit syfers van die kantoor van die prokureur-generaal, wat wys dat regslui wat die afgelope vier jaar deur die staat in diens geneem is, in der waarheid amper almal uit sogenaamde voorheen benadeelde groepe gekom het. Die staat het boonop verlede jaar sy transformasieteikens met meer as 10% oorskry, met net 5% van regslui wat nié deel gevorm het van die betrokke groepe nie.

Die lig is opnuut op transformasie van die regbank gewerp toe regter Mandlenkosi Percival Motha in Februarie by ʼn groep advokate wou weet waarom daar nie ʼn enkele swart advokaat in die betrokke saak in die hooggeregshof in Pretoria teenwoordig is nie.

Hy het terselfdertyd versoek dat die prokureur-generaal ʼn ondersoek gelas na die “afwesigheid van diversiteit onder regslui”.

Die prokureur-generaal het Dinsdag syfers oor verteenwoordiging bekendgemaak wat wys presies hoeveel mense uit die aangewese groepe, asook vroue, deur die staat opdrag gegee word om namens hom op te tree. Hiervolgens het die staat sedert 2019 telkens sy transformasiedoelwit van 83% oorskry, wat betref die persentasie regsopdragte wat aan individue uit die aangewese groepe uitgereik is.

Verlede jaar was 95% van regslui wat opdragte vanaf die staat ontvang het, individue uit die aangewese groepe. Altesaam 42% van regslui wat deur die staat in diens geneem is, was vroue, effens meer as die doelwit van 41%.

Die geldwaarde van hierdie opdragte aan individue uit die aangewese groepe beloop R914 miljoen, net vir die 2023-’24-boekjaar. Die staat het altesaam R306 miljoen aan vroue vir regswerk betaal.

Wat die staatsadvokaat in Pretoria betref, is opdragte ter waarde van R459 miljoen verlede jaar aan regslui uit die aangewese groepe gegee, R119 miljoen aan vroue en R75 miljoen se regsopdragte aan wit mans.

Die prokureur-generaal sê die stelselmatige toename in die persentasie opdragte wat aan regslui uit die aangewese groepe en vroue uitgereik is, dui op ʼn “positiewe tendens in die rigting van diversiteit en inklusiwiteit”.

“Veral die staatsadvokaat in Pretoria wys verbetering in die getal én waarde van die opdragte wat aan dié regslui gegee is, wat tekenend is van ʼn verbintenis tot die regstel van historiese ongelykhede.

“Die vooruitgang wat tot dusver gemaak is, bewys ons onwrikbare toewyding om ʼn inklusiewe regslandskap daar te stel. Die kantoor van die prokureur-generaal bly verbind daartoe om ʼn regsprofessie daar te stel wat die diversiteit van ons nasie voorstel.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het hom verlede week sterk teen regter Motha se optrede uitgespreek.

“Regter Motha het homself skuldig bevind aan rasvooroordeel en is dan nie meer waardig om as regter op te tree nie. As rasregters die norm word, sal dit tot groot nadeel van regspraktisyns, gewone Suid-Afrikaners en regspleging word. Hierdie kwessie mag nie net gelos word nie.”

  • Syfers in die berig is gewysig ná dit aanvanklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Vettiemaragartos ·

Oe kry hy nou op sy herrie!!!!!! My tone maak sommer vuisies!

Republikein in die Wes Kaap ·

Amper R1 000 miljard net in een boekjaar. Amper 20% van die BBP. Dr. Hermann moet maar die saak los. Belastingbetalers kan nie nog betaal nie.

DJ ·

Die regret is self ook maar net ‘n kader. Anders sou hy nie die POS beklee het nie. Sy uitsprake wys dit.

Anel ·

Hoe lank wil hulle “voorheen benadeles” wees? Hulle het meer voordele as enige ander rasgroep! En hy moennie praat nie! Wie het vir sy studies betaal? Soos meeste van hulle. Ons, die belastingbetaler, maar ons kinders moet self sukkel om te betaal vir hul studies. Do, bly stil, jou rassis!!!!!!

Boatsie ·

Nou daar bewys die ondersoek toe hoekom ons regstelsel so sukkel en sulke snaakse besluite maak!!!!!

Loun ·

Met anderwoorde…. hy sien te veel wit regslui…….wat eintlik beteken dat dit die mense is wat werk? Waar is die benadeelde swart gesiggies?

Althes ·

Sogenaamde historiese ongelykhede moet uitfaseer word. Daar is nie meer ñ benadeelde generasie nie, behalwe die wat in hul 60’s is. En ñ klein persentasie in die 50’s.

Dis tyd dat almal inklusief gelyke regte het.

Andries ·

Vra eerder hoeveel van die kriminele voor hom is swart. Dan sal die dnr sy deuntje verander. Anders sal hy ‘n kader aanstelling bly

Martie ·

Andries nou praat jy. Hoekom word daar nie na die moorde, korrupsie, misdaad ook presentasie gewys gekyk nie.

Michael ·

Dit is wat ek n rasistiese regter noem,hy moet bedank want hy sal duidelik nie regte besluite kan neem wanneer dit by mense kom met n ligte velkleur nie.

Casper ·

Uit watter groep kom regters wat uitspraak in sake voorbehou vir langer as ‘n jaar?Regter Hlophe en regter Tata se skandelike gedrag,ek vra maar net.

Protea ·

Kan iemand nie net die mense wakker skud nie. Dit gaan nie oor kleur nie maar oor bevoegdheid. Kyk wat gaan in die howe aan….. Dis tyd dat “slim” mense begin wys hulle is slim

AREND1 ·

Oor ʼn 100 jaar gaan hulle nogsteeds sê hulle is die voorheen benadeeldis.Hulle het die land al dertig jaar terug gekry en wanneer jy hoor van iemand van hulle wat misdaad pleeg,dan is hulle onder 30 jaar wat in die nuwe suid afrika gebore is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit gaan erger word. Transvalers en Vrystaters trek Wes-Kaap toe en neem deel aan die tweede Groot Trek. Die binneland is ‘n eksperiment wat misluk het.

Jurie ·

Gaan kyk bietjie watter sake hulle hanteer en ek waarborg jou die grootste gedeelte is POF sake. Jy het nie veel van intellek nodig om dit te doen nie.

Bolandse Nooi ·

@Andries, mooi gesê – ek sal ook nou “dnr” gebruik as ek …eh… wil knoop en hierby kan ek “bliksis” voeg as iemand my nou regtig warm om die bors maak!

@Protea, as jy dit sou waag om die mense wakker te skud, gaan jy van van GBH en die skending van hul menseregte aangekla word. Jy weet mos: dis net blankes wat rassisties kan wees.

@Republikein – jy is reg, dit is deesdae die Groot Trek omgekeerd. Diegene wie se grootouers se grootouers destyds uit die “Kaap Kolonie” onder die Britse juk uitgevlug het, vlug nou terug Kaap toe, ten koste van ons gebore Wes-Kapenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.