Jo Black, Refentse ‘bring hoop’ op Top-20

Jo Black en Refentse se “Rig jou oë na die berge” betree die Top-20. (Foto: Facebook)

Jo Black en Refentse betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 11de plek met “Rig jou oë na die berge”, ’n nuwe enkelsnit wat hoop wil bring ná ʼn moeilike tydperk.

Jo, Refentse, Appel, Danny Smoke en Jacques Mouton het die liedjie geskryf. Die gedagte van die lied is gebore toe Refentse tydens die inperking by Jo gekuier het. Die Psalm wat sê: “Rig jou oë op na die berge want hy sal jou dra”, het die lirieke geïnspireer.

Riaan Benadé bly vir die tweede week in die eerste plek met “Spontaan”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, agt wat daal, ses liedjies wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Elandré – “Binne & buite”
  3. Bernice West – “Kom binne”
  4. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whiskey”
  5. Elandré – “Dag en nag”
  6. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  7. Loufi – “Baas vannie plaas”
  8. Bernice West – “O kind”
  9. Fatman – “Vuil Coke”
  10. Bernice West – “Sonop-blom”
  11. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  12. Elandré – “Waar die wind my waai”
  13. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  14. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  15. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  16. Ruhan du Toit – “Die mite”
  17. Rooksein – “Kyk na my hart”
  18. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  19. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  20. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fluisterwind ·

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. In die antieke tyd was die berge die woonplek van die gode. Die psalm digter wys egter dat as jy verby die berge kyk jy die eninge ware God sien, jou Skepper! Darem het Jo in die lied genoeg erkenning aan die God gegee wat jou paaie gelyk maak en dat die Here alleen jou Helper is.

Jaco ·

Mag refentse in Afrikaans sing? Dis dan die taal van die onderdrukker. Ek vra maar net. In dié simpel SA moet mens mos oor alles wat in ander lande normaal is, eers seker maak.

Ilke ·

Refentse praat self van Afrikaans as sy taal, ek dink hy is bitter trots daarop.

Stof ·

Beide hierdie manne weet waar hulle krag lê. Ek eer hulle vir die mooi manier hoedat hulle aan Vader erkenning gee, nie net in musiek nie, maar ook in die integriteit wat hulle toon, af van die verhoog af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.