Die Kaapse Affodille dames boereorkes
Jy sal jou oë nie glo nie! Jou ore ook nie! Maar, as jy hulle eers gesien en na hulle geluister het, weet jy: sien én hoor is glo. Hier is sewe verruklike vroue wat boeremusiek met ritme laat smeul.
Dis nie aldag dat jy ‘n vroueboereorkes sien en hoor nie! Hier is die Kaapse Affodille met hul debuutalbum Jy sal dit nie glo nie! Hul aanslag is byderwets en dié varsheid het die vroue reeds ‘n aantal toekennings besorg. Hule het onder meer twee keer die nasionale Boeregilde-kompetisie gewen! Hier is joligheid met polkas, setiesse, vastrappe en ‘n mazurka. Daar is ‘n bietjie rustigheid, ‘n country-styfdansnommer, ‘n paar walsies en ‘n aantal tradisionele dansnommers. Kry en geniet!
Die orkes:
Mariaan Wiese – Leier – Konsertina / Banjo / Dwarsfluit / Mondfluitjie
Leonie Avenant – Baskitaar / Sanger / Konsertina / Bemarker
René Steenkamp- Konsertina / Banjo / Baskitaar
Karin K- Sangeres /Kitaarspeler
Rena Smuts – Kitaar / Baskitaar / Dromme
Luzette Stemmet – Dromme / Kitaar / Baskitaar / Klawerbord
Sandra Prins – Trekklavier / Klavier
Speellys
- Pollie Jollie
- Kliprivierpolka
- Thulie Se Seties
- Blue Spanish Eyes
- Transvaalse Wals
- Daspoorttonnel-keurspel
- Al Lê Die Berge Nog So Blou
- Bosveldvastrap
- Anna-Popseties
- Suikerbossie
- Hartebeesfontein
- Jampotpolka
- Sneeuwals
- Vaalwitpensmazurka
- Rustigheid
- Rondomtalie