‘Koue kole’ stop nie vir Eloff op dié Top-20

Eloff. (Foto: Maroela Media)

Eloff se jongste enkelsnit, “Koue kole”, is skaars uitgereik en die musiekvideo van dié lied het reeds meer as 80 000 trefslae op YouTube behaal. Hy betree die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die vierde plek.

Die Piesangskille se debuutenkelsnit, “Mal Maandagaande”, wat verlede week hul verskyning gemaak het op die top-20, val ongelukkig met een plek die week en staan op nommer 19.

Juan Boucher kraai koning op die top-20 die week en neem die nommer een posisie in met “Dans met gevaar”.

In vandeesweek se top-20 is daar twee liedjies wat klim, 14 wat hul plekke verloor, drie wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die Top-20 betree.

1. Juan Boucher – “Dans met gevaar”
2. Barto – “Impulsief”
3. Wilma van Heerden – “Sysoen”
4. Eloff – “Koue kole”
5. Bernice West – “Lyfie”
6. Barto – “H2Oë”
7. Die Heuwels Fantasties en Appel – “Nora Vlok”
8. Brendan Peyper – “Nee of ja”
9. Eloff – “Swipe regs”
10. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
11. Dodo Nyoka – “Foto’s”
12. Zaan Sonnekus – “Monitor”
13. Sakkie saam met Francois van Coke – “Hey jy”
14. Eloff – “Witblits”
15. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
16. Prop – “Kwaaitjie”
17. Droomsindroom – “Ek ly aan”
18. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
19. Die Piesangskille – “Mal Maandagaande”
20. Gerhard Steyn saam met Loufi – “Partykiehonde”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Andriëtte. (Foto: Alex + Chris Photography)

Nuwe uitreikings:

Andriëtte Norman het in 2007 haar eerste groot stempel op die Afrikaanse musiekbedryf afgedruk toe sy naaswenner in die Suid-Afrikaanse weergawe van die Idols-sangkompetisie was. Sy kyk nog steeds na al die jare op na ander kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Laurika Rauch en ook die internasionale musiekster, Michael Bublé, as haar rolmodelle. Andriëtte se nuutste enkelsnit, “Ek moes dit gesê het”, handel juis daaroor om nie stil te bly nie, maar om jou gevoelens te deel en nie wag tot dit te laat is nie.

As jy ʼn groot ondersteuner is van Afrikaanse rockmusiek gaan die week se nuutste vrystelling van Gideon Wind, ʼn rockgroep van Germiston in die Oos-Rand, behoorlik ʼn bederf wees. “Bokkie” is pas bekendgestel, en is saam deur al die groeplede geskryf. Dit handel oor opofferings wat ons almal soms vir die liefde moet maak.

Ander nuwe uitreikings is: Leandri Martin se “Hoe val mens so hard vir liefde”, Eloff se “Koue kole”, Carmen se “Mis my”, Thys Nortje se “Skryf”, Werner van der Hoven se “Wynland” en Neil Sandilands saam met Tarryn Lamb se “Kômmôsêdiesê”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.