Kurt Darren gooi ʼn draai op Top-20

Kurt Darren (Foto: Janie Monsieur)

Die kaptein van Afrikaanse dansmusiek is terug met ʼn nuwe enkelsnit van sy 28ste album wat binnekort op die rakke sal wees.

Kurt Darren het vroeër aan Maroela Media vertel dat dié album, #Partytjiedier, nie net partytjiemusiek insluit nie, maar ook rustiger musiek wat na aan sy hart lê.

Kurt se “Klein Saterdag” betree dié week se Top-20 in die no. 16-posisie, terwyl Ricus Nel en Snotkop se “Boerepompie” steeds bo-aan die lys is saam met Elandré se “Tussen die lakens” en Riana Nel se “Hou die hemel oop”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, nege wat daal en twee wat onveranderd bly.

Die kletsrymer Biggy verloor sy plek in die no. 1-posisie.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  2. Elandré – “Tussen die lakens”
  3. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  4. Bok van Blerk – “Was”
  5. Willem Botha – “Een shot”
  6. Biggy – “Dames”
  7. JohnJames – “Ek is meer werd”
  8. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  9. Christia Visser – “17 Shots”
  10. Janie Bay – “Amper daar”
  11. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  12. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  13. Jo Black – “Bitter”
  14. Leah – “Kyk na my”
  15. Tasché – “Die een”
  16. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  17. Elandré – “Vuur op die water”
  18. Karen Zoid – “Donker nag”
  19. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  20. Dewald Wasserfall – “So sterk soos ’n vrou”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.