‘Kwaaitjie’ kraai koning op Top-20

Prop se debuutenkelsnit “Kwaaitjie” het duidelik Afrikaanse musiekliefhebbers se voete behoorlik aan die jeuk.

Dié snit het ʼn besonderse week agter die rug. “Kwaaitjie” was onder meer in die no. 3-posisie op die stromingsplatform Spotify se Top-50 “viral songs” in Suid-Afrika – ʼn lys wat alle genres van musiek in die land insluit.

Die musiekvideo het ook reeds meer as 212 000 kykbeurte op YouTube. Prop se debuutalbum, Sing Hoop Weerklink, het Vrydag die lig gesien.

“Kwaaitjie” klim vandeesweek 13 plekke op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 en beklee dus die topposisie op dié treffersparade.

Eloff se “Witblits” het vandeesweek Brendan Peyper se “Insomnia” ore aangesit. Dié twee liedjies beklee onderskeidelik die tweede en derde plekke op die Top-20.

Barto, wat verlede week die Top-20 betree het met “H2Oë” klim vier plekke na die no. 16-posisie.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, tien wat hul plek verloor en sewe wat onveranderd bly.

  1. Prop – “Kwaaitjie”
  2. Eloff – “Witblits”
  3. Brendan Peyper — “Insomnia”
  4. Droomsindroom – “Hey sonneblom ”
  5. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  6. Eloff – “Johnnie blou”
  7. Riaan Benadé & Ricus Nel – “Haai haai”
  8. Riaan Benadé — “Spontaan”
  9. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  10. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  11. Bernice West – “Jona”
  12. Elandré – “Lieflik”
  13. Bernice West – “Nie jou X nie”
  14. Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann – “Lief”
  15. Elandré – “Hand aan hand”
  16. Barto – “H2Oë”
  17. Rooksein – “Genade nader”
  18. Jo Black – “Sê my mamma”
  19. Appel – “Dina”
  20. Caroline-Grace – “Bokswyn”

*Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Esmé & Steyn.

“Vanaand hoef jy nêrens heen te gaan nie,” meen Riana Nel met haar jongste enkelsnit, “Vanaand”.

“My hartewens vir ‘Vanaand’ is dat paartjies regoor Suid-Afrika hul grootste dag kan begin met ʼn lied wat getrouheid aan mekaar belowe,” sê Riana.

As dit nie vir ʼn musiekfees was nie, het die twee mekaar seker nooit ontmoet nie. Esmé (Esmé Fox) en Steyn (Steyn de Wet) het vroeër vanjaar mekaar by die Gifberg Spook-musiekfees op Vanrhynsdorp ontmoet.

Die duo se enkelsnit, “Winterkaap”, is onlangs uitgereik.

Ander liedjies wat die afgelope week uitgereik is, is Nariska Brown se “Nog ʼn kans”, Karlien Husselman se “Skyn”, Die Wildberries se “Tekens wys na hom toe” en Anne-Marie van Eeden se “Wys my die plek”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.