Liezel Pieters woeker op die Top-20

Liezel Pieters. (Foto: Facebook)

Liezel Pieters, die sangeres met die kragtige stem, klim vandeesweek na die tiende plek in die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met haar splinternuwe enkelsnit “Plus minus maal deel”.

Volgens Pieters voel dit asof sy deur die liedjie ’n een-tot-een-gesprek met God het. Die liedjie is deur treffermaker Johan Oberholzer geskryf.

Dit is Riaan Benadé se sesde week in die eerste plek met die snit “Spontaan”. Dit is ook die titel van sy debuutalbum wat verlede jaar uitgereik is.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, agt wat daal en agt liedjies wat onveranderd bly.

__KQqmDllC3oLsMjA

  1. Riaan Benade – “Spontaan”
  2. Bernice West – “Kom binne”
  3. Elandré – “Dag en nag”
  4. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  5. Bernice West – “Sonop-blom”
  6. Loufi – “Baas vannie plaas”
  7. Elandré – “Binne & buite”
  8. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  9. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  10. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  11. Rooksein – “Kyk na my hart”
  12. Ruhan du Toit – “Die mite”
  13. Fatman – “Vuil Coke”
  14. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  15. Verskeie Kunstenaars – “Ons sal self”
  16. Jay – “Te veel”
  17. Refentse – “Stormnag”
  18. Ché ft Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  19. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  20. Lianie May & Jay – “Dors”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kyke (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.